Spe­lers lug­tig oor nu­we borg

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk Die OP­Kings se Cor­nell Hess in ak­sie teen die Vry­staat.

Jo­han­nes­burg. – Die OP-Kings was ver­on­der­stel om Suid-A­fri­kaan­se rug­by se vlag­skip­pro­jek vir trans­for­ma­sie te wees.

Nou is dit moont­lik uit­ge­le­wer aan die be­stuurs­ver­moë van ’n B­rit­se sport­be­mar­king­maat­skap­py.

Die i­ro­nie sal in so ’n ge­val groot wees.

In­te­gra­ted Sport is Dins­dag as die be­le­ër­de u­nie se nu­we borg aan­ge­kon­dig in die sa­ke­plan wat by die hoog­ge­regs­hof in Port E­li­za­beth in­ge­dien is.

’n Be­leg­ging van R100 mil­joen oor vyf jaar is nie te ver­smaai nie, maar die plaas­li­ke spe­lers­ver­e­ni­ging, MyPlay­ers, is hui­we­rig om op­ge­won­de te raak.

“Ons eie reg­span is nou eers be­sig om deur die sa­ke­plan te werk,” het Ny­a­ni­so Sam, MyPlay­ers se me­di­a­be­stuur­der, Woens­dag ge­sê.

“Ek dink al­mal was iet­wat ver­ras toe die in­lig­ting in die hof be­kend ge­maak is. Daar was voor­heen baie be­spie­ge­ling, so dit is mak­lik om steeds skep­ties te wees. Ons sal die hof­do­ku­men­te deeg­lik deur­werk.”

Bui­ten­dien be­te­ken die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie Rug­by­u­nie (OPRU) se in­die­ning van die sa­ke­plan nie hy het sy li­kwi­da­sie­be­vel af­ge­weer nie.

Die hof sal Dins­dag eers hier­oor uit­spraak le­wer.

Hoe­wel die u­nie jaar­liks R20 mil­joen sal ont­vang, is dit nie naas­ten­by die in­te­res­sant­ste ont­wik­ke­ling nie.

In die hof­do­ku­men­te sê In­te­gra­ted Sport: “Met in­ter­na­si­o­na­le spel- en ad­mi­nis­tra­tie­we er­va­ring in rug­by ver­staan ons die u­nie­ke ver­eis­tes van die spel. Ons kan meer by­dra as net ’n fi­nan­si­ë­le in­set, aan­ge­sien ons struk­tu­re en stel­sels het om ’n maat­skap­py in stand te hou en dit in ’n wins­ge­wen­de en­ti­teit te om­skep.”

Op sy web­werf dui In­te­gra­ted Sport aan hy kan sa­ke­plan­ne vol­gens ’n kli­ënt se spe­si­fie­ke behoeftes ont­wik­kel en is ook be­kwaam in om­sig­tig­heids­on­der­soe­ke.

Die moont­lik­heid is dus sterk dat die B­rit­se maat­skap­py ’n aan­sien­li­ke rol in die Kings se be­stuur kan speel.

Een van In­te­gra­ted Sport se kli­ën­te is die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru), wat ge­tuig van die maat­skap­py se ken­nis van die Suid-A­fri­kaan­se mark.

Maar is hul­le werk­lik be­wus van hoe ’n po­li­tie­ke moe­ras rug­by in die Oos-Kaap is?

’n Ob­jek­tie­we be­na­de­ring is dalk wat rug­by in die pro­vin­sie no­dig het, maar dit nie ge­noeg nie.

Trans­for­ma­sie en po­li­tie­ke­ry is ’n werk­lik­heid in Suid-A­fri­kaan­se sport.

Ver­staan bui­te­land­se be­amp­tes hoe om hul be­stuurs­me­to­des in dié ver­band aan te pas?

“Ons weet nog nie of die nu­we borg be­trok­ke sal wees by die be­stuur van die u­nie nie,” het Sam ge­sê.

“Op die ou end wil ons net ’n skik­king wat in die spe­lers se be­lang is, be­werk­stel­lig. Die kwes­sie van die u­nie se be­stuur is iets wat la­ter be­spreek moet word,” het Sam ge­sê.

Fo­to: THEO JEPTHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.