Kings speel met 2 leen­spe­lers op vleu­el

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Port E­li­za­beth. – Die Sout­hern Kings draf Sa­ter­dag hier in die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on met twee leen­spe­lers van die Haaie op vleu­el op die veld.

Wan­di­le M­je­ke­vu, wat hom maar van­dees­week by die Kings aan­ge­sluit het, is da­de­lik in die be­gin­span vir die Su­per­rug­by­wed­stryd teen die Ja­gua­res op­ge­neem.

Die Kings het hul span gis­ter e­lek­tro­nies, son­der ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie, be­kend ge­maak.

De­on Da­vids, die Kings se hoof­af­rig­ter, kon dus nie sy keu­se ver­dui­de­lik nie.

’n Mens kan eg­ter aan­neem dat hy eer­der ’n spe­si­a­lis-vleu­el soos M­je­ke­vu op vleu­el wil hê as om spe­lers rond te skuif.

M­je­ke­vu ver­vang Lu­zu­ko Vu­lind­lu, wat ver­le­de week ’n dy­spier­be­se­ring teen die Haaie op­ge­doen het.

Luk­ha­nyo Am, wat reeds aan die be­gin van die sei­soen by die Haaie ge­leen is, is weer die reg­ter­vleu­el.

Am, eint­lik ’n bin­ne­sen­ter, is tot dus­ver een van die Kings se be­ter ag­ter­spe­lers. Hy het dié sei­soen ook al op bui­te-sen­ter vir die span diens ge­doen.

Nog ’n leen­spe­ler van die Haaie, die slot JC Ast­le, is te­rug in die be­gin­span na­dat hy ver­le­de week ’n blaas­kans ge- gun is en aan­vank­lik op die plaas­ver­van­gers­bank ge­sit het.

Ast­le, een van die Kings se be­ter voor­spe­lers, ver­vang S­chalk Oe­lof­se as S­te­ven Sy­kes se slot­maat.

Na­dat die ha­ker Mar­tin Fer­rei­ra se sei­soen weens ’n rib­be­se­ring kort­ge­knip is, kan die Kings ver­lig a­sem­haal met die we­te dat Ed­gar Ma­rut­lul­le weer ge­sond is. Hon nie ver­le­de week speel nie om­dat hy grie­pe­rig was, maar hy is nou ge­sond.

Die e­nig­ste an­der ver­an­de­ring in die be­gin­span is op bui­te­sen­ter, waar S­te­fan Wa­ter­mey­er JP du P­les­sis ver­vang.

Wa­ter­mey­er het die twee vo­ri­ge wed­stry­de weens ’n voet­be­se­ring mis­ge­loop.

Leig­h­ton Ek­steen se naam ver­skyn vir ’n ver­an­de­ring nie on­der die plaasvervangers nie.

Hy is vry­ge­stel om Vry­dag­aand in Wel­ling­ton vir die SWD-A­ren­de vleu­el te speel teen die Bo­land.

In die veel­sy­di­ge Ek­steen se af­we­sig­heid kry De­wald Hu­man ’n kans om dalk vir die Kings as plaas­ver­van­ger-los­ska­kel te speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.