‘Ca­ro­li­ne, Mi­ke sal Son­dag ook wen’

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

P­re­to­ria. – Van­jaar se Twee O­se­a­ne-kam­pi­oe­ne, Mi­ke Fo­ko­ro­ni (mans) en Ca­ro­li­ne W­öst­mann (vroue), sal ook Son­dag die 91ste Com­ra­des tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban wen.

Dié voor­spel­ling kom van De­wald S­teyn, be­stuur­der van ver­skeie Zim­bab­wie­se at­le­te wat oor die ja­re in die Twee O­se­a­ne glo­rie ge­proe of goue me­dal­jes los­ge­hard­loop het.

Fo­ko­ro­ni, wat vir die Ned­bank-klub hard­loop, is een van S­teyn se at­le­te.

Dié Zim­bab­wi­ër het in die Paas­na­week die Twee O­se­a­ne oor 56 km mak­lik in 3:13:33 ge­wen.

S­teyn meen Fo­ko­ro­ni het dié dag nie baie hard ge­hard­loop nie.

“Hy het boon­op die eer­ste keer be­hoor­lik op sy voor­be­rei­ding vir die Com­ra­des ge­fo­kus. En hy is ’n baie sterk at­leet en gaan Com­ra­des toe met net een groot doel: Om te wen.”

Fo­ko­ro­ni het drie jaar ge­le­de agt­ste ge­ëin­dig.

Daar­na het hy lank met be­se­rings ge­suk­kel, maar dit is nou iets van die ver­le­de.

Fo­ko­ro­ni het hom se­dert die O­se­a­ne in Zim­bab­we vir die Com­ra­des voor­be­rei.

Die 39-ja­ri­ge at­leet het wye in­ter­na­si­o­na­le er­va­ring.

Sy bes­te ma­ra­thon­tyd is 2:13:17. Hy het met dié tyd in 2008 op die O­lim­pie­se S­pe­le in Bei­jing ’n 11de plek los­ge­hard­loop.

S­teyn, wat on­langs ’n reeks boe­ke oor die ge­skie­de­nis van Suid-A­fri­kaan­se at­le­te in die mid­del- en lang­af­stan­de, as­ook stap, die lig laat sien het, meen W­öst­mann (KPMG) is in ’n klas van haar eie.

“Daar­die vrou is iets on­ge­loof­liks.

“Ek be­skou haar, wy­le I­sa­bel Ro­che-Kel­ly en F­rith van der Mer­we as die drie bes­te vrou­eul­tra-at­le­te nóg in Suid-A­fri­ka,” het S­teyn ge­sê.

W­öst­mann het op haar beurt ge­waar­sku niks is in ’n moei­li­ke wed­loop soos die Com­ra­des ge­waar­borg nie.

“Jy kan op die bes­te peil van jou loop­baan wees, maar op die dag van die wed­loop kan jy met die eer­ste tree al voel dit sal ’n moei­li­ke dag wees,” het W­öst­mann lui­dens ’n ver­kla­ring van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se ho­ë­pres­ta­sie­sen­trum (hpc) ge­sê.

Dié se­ni­or oud-lek­tor van Wits wat in P­re­to­ria woon, oe­fen by die hpc on­der die wa­ken­de oog van die af­rig­ter Lind­sey Par­ry.

Die 33-ja­ri­ge W­öst­mann meen daar is nie van­jaar so­veel druk soos ver­le­de jaar op haar om te wen nie.

Fo­to: REU­TERS

Wat nou? Frank­ryk se Ma­thi­as Bour­gue het An­dy Mur­ray gis­ter in die twee­de ron­de van die Fran­se Ope groot laat skrik voor­dat die B­rit uit­ein­de­lik in vyf stel­le ge­wen het.

Fo­to: NASIEF MANIE

Mi­ke Fo­ko­ro­ni

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.