Mur­ray s­weet teen Frans­man

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Pa­rys. – An­dy Mur­ray moes gis­ter hier al­les uit­haal om sy plek in die der­de ron­de van die Fran­se Ope te ver­se­ker toe hy die Frans­man Ma­thi­as Bour­gue in vyf stel­le ge­klop het.

Mur­ray het met 6-2, 2-6, 4-6, 6-2, 6-3 ge­wen.

Dit het vroeg in die twee­de stel ge­lyk of Mur­ray mak­lik met die Frans­se ten­nis­spe­ler, 164ste op die wê­reld­rang­lys, sou klaar­speel.

Die B­rit het die eer­ste stel met 6-2 be­klink en was met 2-0 voor in die twee­de.

Maar Bour­gue het ge­wys hy skrik nie vir een van die top­spe­lers in die wê­reld nie en het die vol­gen­de agt pot­te be­klink.

Hy het in dié te­rug­veg­po­ging on­der meer 16 ag­ter­een­vol­gen­de pun­te in sy guns be­klink.

Hy het Mur­ray die baan vol ge­jaag met ’n meng­sel van va­len voor­arm­houe.

Die 22-ja­ri­ge Frans­man het ook die der­de stel be­klink voor­dat Mur­ray se oor­le­wings­in­stink­te in wer­king ge­tree het.

Mur­ray het 3 breek­pun­te in die eer­ste pot van die vier­de stel, wat 10 mi­nu­te ge­duur het, af­ge­weer. Hy het daar­na ’n ma­nier ge­vind om op Bour­gue se af­slaan deur te breek en met 3-1 voor te loop. Mur­ray, twee­de ge­keur, het aan sy voor­spromg vas­ge­klou om die wed­stryd te be­klink.

Dit is die twee­de vyf­stel-ril­ler van die week waar­in Mur­ray be­trok­ke was na­dat die T­sjeg Ra­dek Š­te­pá­nek hom in die eer­ste ron­de klip­pe laat kou het.

“Ek was met 6-2, 2-0 voor toe hy on­ge­loof­lik be­gin speel het en ek dit moei­lik ge­vind het om pun­te, wat nog te sê van pot­te, te wen. Jy kan nie in te veel sul­ke wed­stry­de be­trok­ke wees as jy die toer­nooi wil wen nie,” het Mur­ray ge­sê.

“Ek hoop ek wen die vol­gen­de een ’n bie­tjie vin­ni­ger.”

Mur­ray se voor­uit­sig­te vir die der­de ron­de is nie juis veel be­ter nie met Ivo Kar­lo­vic, ’n Kro­aat met ka­non­af­sla­ne, wat op hom wag.

Die 37-ja­ri­ge Kar­lo­vic is die oud­ste man in 25 jaar wat die der­de ron­de van ’n Grand Slam-toer­nooi haal.

Kar­lo­vic het Jor­dan T­homp­son van Aus­tra­lië in die lang­ste wed­stryd van die toer­nooi met 6-7(2) 6-3 7-6(3) 6-7(4) 12-10 ge­klop.

Die S­wit­ser­se spe­ler S­ta­nis­las Wa­wrin­ka, ver­le­de jaar se kam­pi­oen, was steeds nie op sy bes­te nie, maar het Ta­ro D­niel van Ja­pan met 7-6(7) 6-3 6-4 ge­klop.

Kei Nis­hi­ko­ri, 5de ge­keur, het sy goeie spel voort­ge­sit met ’n oor­win­ning van 6-3, 6-3, 6-3 oor Rus­land se And­rey Ku­z­net­sov.

Daar was gis­ter nie, soos vroe­ër, ver­ras­sings on­der die vroue nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.