Re­nier Gro­bler kan in Com­ra­des ver­ras

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

P­re­to­ria. – Dit is nie el­ke at­leet wat met die in­trap­slag ’n goue me­dal­je in die Com­ra­des los­hard­loop nie. Die mees­te moet spreek­woor­de­lik eers hul skool­geld in dié moor­den­de ul­tra­wed­loop be­taal.

So ’n at­leet wat met sy s­weet be­taal het, is die 33-ja­ri­ge Re­nier Gro­bler (Ned­bank). Hy kan hom Son­dag in die Com­ra­des oor by­na 90 km tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban vir die eer­ste keer tus­sen die tien gou­e­me­dal­je­wen­ners be­vind.

Gro­bler, wat aan sy ses­de Com­ra­des deel­neem, was in sy vo­ri­ge wed­lo­pe 73 ste (2011), 51 ste (2012), 55 ste (2013), 35 ste (2014) en ver­le­de jaar 19de.

Hy meen hy het hom be­hoor­lik voor­be­rei vir van­jaar se wed­loop. “Ek het 2 850 km in my voor­be­rei­ding af­ge­lê teen­oor ver­le­de jaar se 2 400 km,” sê dié P­re­to­ri­a­ner.

“Ek het dié keer tien dae saam met C­har­né Bos­man (wat ver­le­de jaar die naas­wen­ner in die af­de­ling vir vroue was) in die Gras­kop-om­ge­wing (in M­pu­ma­lan­ga) ge­oe­fen.”

Die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se ho­ë­pres­ta­sie­sen­trum (HPC) het hom met sy krag­oe­fe­ning ge­help. Hy word se­dert Ok­to­ber 2014 by die HPC ge­help deur Lind­sey Par­ry, wat ook vir Bos­man en Ca­ro­li­ne W­öst- mann, die Com­ra­des- en die Twee O­se­a­ne-kam­pi­oen, af­rig.

Gro­bler sê hy het ver­le­de jaar in die 10 km tus­sen die 60 km- en die 70 km-kerf klip­pe ge­kou. “Dié keer sal ek weet hoe om dit te han­teer en daar­deur te kom.”

Hy hoop om teen ’n ge­mid­del­de pas van 3 min. en 30 sek. per ki­lo­me­ter te hard­loop.

Hy wil in 2:52 of 2:53 ver­by Drum­mond (half­pad) hard­loop en sal waar­skyn­lik dan net en­ke­le mi­nu­te ag­ter die voor­lo­pers wees.

“Baie sal af­hang van hoe die wed­loop ver­loop. As daar ou­ens is wat vin­nig be­gin en me­kaar vroeg stuk­kend hard­loop, is dit be­lang­rik dat ek my eie wed­loop hard­loop en by my wed­loop­plan hou.

“Die 11 km van In­chan­ga deur Drum­mond ver­by Art­hur’s Se­at tot by Bo­tha’s Hill sal waar­skyn­lik die moei­lik­ste wees. In dié om­ge­wing is daar nie bul­te nie, dis ber­ge,” sê hy.

In die 17 km van Hil­l­crest tot aan die on­der­punt van Field’s Hill hoop hy hy is sterk ge­noeg om ’n paar at­le­te ver­by te steek.

“Deur Pi­ne­town en daar­na teen Co­wies Hill uit is dit jou kop en hart wat oor­neem tot in Dur­ban.”

Hy het met sy ses­de plek in die Om die Dam-wed­loop (50 km) vroe­ër van­jaar ge­wys hy kan Son­dag ver­ras.

“Al­les hang net af van hoe die wed­loop ver­loop. Som­mi­ge ja­re is ’n 5:40 te sta­dig vir goud en an­der ja­re is ’n 5:50 goed ge­noeg. Ek mik na ’n 5:44.”

Fo­to: SA­REL VAN DER WALT

Re­nier Gro­bler

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.