Der­de ti­tel is KKR nie be­sko­re

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Bloem­fon­tein. – Die Kol­ka­ta K­nig­ht Ri­ders (KKR) sal nié vir die der­de keer in die ge­skie­de­nis met die kroon in die In­die­se Pre­mier­liga weg­stap nie.

Dit volg na­dat die Sun­ri­sers Hy­de­ra­bad hul­le in die uit­speel­wed­stryd tus­sen die span­ne gis­ter­aand in Del­hi met 22 lo­pies uit­ge­boen­der het.

Die Sun­ri­sers sal nou mô­re, weer in Del­hi, teen die Gu­ja­rat Li­ons om ’n plek in Son­dag se eind­stryd teen die Roy­al C­hal­len­gers Ban­ga­lo­re in Ban­ga­lo­re speel.

KKR het die loot ge­wen en ver­kies om eer­ste te boul.

Mor­né Mor­kel (2/31) het die paal­tjie van S­hik­har D­ha­wan (10) in die twee­de beurt laat kan­tel met 12 lo­pies op die tel­bord. Die Sun­ri­sers se twee Aus­tra­lie­se spe­lers, Da­vid War­ner (28) en Moi­ses Hen­ri­ques (31) het daar­na die ven­noot­skap van die wed­stryd (59) op­ge­sta­pel om hul span weer op koers te plaas.

KKR se draai­bal­bou­ler Kul­deep Ya­dav (3/35) het in die 10de boul­beurt van al­bei ont­slae ge­raak en dit het dit ge­lyk of hul­le sou suk­kel om ’n noe­mens­waar­di­ge tei­ken vir die twee­ma­li­ge kam­pi­oen daar te stel.

Die ve­te­raan Yu­vraj Singh (44, 30 bal­le) het met ’n in­tel­li­gen­te beurt sy span ge­help om 162/8 aan te teken.

KKR se kolf­beurt het baie die­self­de as hul teen­stan­ders s’n be­gin. Die aan­vangs­kol­wer, Ro­bin Ut­hap­pa (11), is in die twee­de boul­beurt deur Hen­ri­ques van Ba­rin­der Sran (1/29) se boul­werk af ge­vang.

Daar­na het die kap­tein, Gau­tam Gam­bhir (28) en die Ni­euSee­lan­der Co­lin Mun­ro (16) ef­fens vas­ge­skop, maar die Ki­wi is in die se­wen­de boul­beurt deur Singh uit­ge­hard­loop.

Die paal­tjies het daar­na ge­reeld ge­kan­tel. Ver­al B­hu­vneshwar Ku­mar (3/19) en Mus­ta­fi­zur Rah­man (0/28) het uit­ste­kend teen die ein­de ge­boul.

KKR (140/8) moes weer son­der And­re Rus­sell klaar­kom wat ’n been­be­se­ring het.

Hen­ri­ques het sy 31 lo­pies met 2/17 op­ge­volg om as Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys te word.

Fo­to: SPORTZPICS

Mor­né Mor­kel se KKR is gis­ter­aand in Del­hi, In­dië, deur die Sun­ri­sers Hy­de­ra­bad uit die IPL ge­boen­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.