Twee Du P­reez­broers bly lan­ger by Haaie

24 uur

Beeld - - Sport - – Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Die Haaie se di­na­mie­se twee­ling, Da­niel en Je­an­Luc du P­reez, gaan nê­rens heen nie.

Vol­gens be­trou­ba­re in­lig­ting het dié los­voor­spe­lers, wat in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks be­ïn­druk het, hul kon­trak­te by die Dur­ban­se span met ’n ver­de­re twee jaar ver­leng.

Daar was ’n paar we­ke ge­le­de groot kom­mer oor die 21­ja­ri­ges se toe­koms in Suid­A­fri­kaan­se rug­by ná be­spie­ge­lings dat hul­le in die Fran­se rug­by­reus Tou­lon se vi­sier is.

Boon­op het Re­nal­do Both­ma en Ja­c­ques Pot­gie­ter, al­bei ge­sou­te los­voor­spe­lers, die Haaie ver­laat son­der om in 2016 vir hul­le uit te draf en hul­le by die Bul­le aan­ge­sluit.

John S­mit, uit­voe­ren­de hoof van die Haaie, moes vu­re dood­slaan in dié ver­band, maar die hand­te­ke­nin­ge van die Du P­reez­broers ge­tuig van ’n ma­te van be­sten­dig­heid by die span.

Mour­in­ho, U­ni­ted op punt om kon­trak te sluit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.