El­ton nie al wat kan brul

Nol­lis steeds op hoe­de vir Leeus

Beeld - - Spbeeldort - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Is die Leeus ’n swak­ker span son­der El­ton Jan­tjies in hul ge­le­de­re?

Nee wat, die Bul­le val nie vir daai een nie.

Nol­lis Marais, die Bul­le se hoof­af­rig­ter, is ge­vra of hy ver­lig is dat die Leeus Sa­ter­dag die Juk­skei son­der El­ton Jan­tjies sal oor­steek vir die span­ne se Su­per­rug­by-krag­me­ting op Lof­tus Vers­feld. Jan­tjies was im­mers be­stem om die S­pring­bok­ke se spel­skep­per teen die Ie­re te wees.

“Nee, ek stem nie saam nie. El­ton speel uit­ste­ken­de rug­by en ek is baie jam­mer vir hom, maar ’n sei­soen ge­le­de het die Leeus se spel­pa­troon om Bos­sie (Mar­nitz Bos­hoff) ge­draai.

“Ek dink die Leeus is ’n heg­te een­heid en hul­le maak nie net op een spe­ler staat nie. Daar is ’n klomp on­ge­loof­li­ke spe­lers in hul span.”

Marais sê die Bul­le be­na­der die buur­man­stryd op pre­sies die­self­de ma­nier, on­ge­ag wie vir die Leeus los­ska­kel speel.

Soos wat die Bul­le oor­ge­haal was om ’n punt teen die S­tor­mers te be­wys, is mo­ti­ve­ring nie ’n pro­bleem nie, sê Marais.

“Ons speel op Lof­tus en daar is dus geen ver­sko­ning nie. Dit is ’n ge­leent­heid wat ons het om ons teen die bes­te aan­val­len­de span in Suid-A­fri­ka te meet.

“Ons was ver­le­de jaar in die Cur­rie­be­ker-reeks bin­ne ’n oog­wink 0-30 ag­ter teen die Leeus. Ons het dit nie ver­geet nie en dit is goed so. Dit is werk­lik nie moei­lik om die span te mo­ti­veer nie.”

Daar is net een ver­an­de­ring aan die span wat die S­tor­mers ge­troef het. Die er­va­re B­jorn Bas­son ver­vang Tra­vis Is­mai­el, wat op ge­sins­ver­lof is, op lin­ker­vleu­el.

“Ons het ge­voel dit is be­lang­rik om die kon­ti­nu­ï­teit te be­hou en die spe­lers te be­loon vir hul goeie ver­to­nings.”

Marais is ge­pols oor die groot gros spe­lers wat in die ry staan vir ’n kans in die be­gin­span.

Spe­lers soos War­rick Ge­lant, Bur­ger O­den­daal, Ru­dy Pai­ge, Roe­lof S­mit, Re­nal­do Both­ma en Han­ro Lie­ben­berg.

“Jy moet soms nie net ’n af­rig­ter wees nie, maar ’n men­tor, so­lank die spe­lers weet waar hul­le staan. Ek pro­beer om spe­lers nooit vals hoop te gee nie en om eer­lik met hul­le te wees.

“Ek het by­voor­beeld ’n goeie ge­sprek met Han­ro ge­had. Hy is ’n toe­koms­ti­ge Bul-kap­tein en gaan la­ter vir ons be­lang­rik wees in die Cur­rie­be­ker-reeks. Dit is hoe­kom hy die span (die Blou Bul­le) Sa­ter­dag teen die Lui­perds aan­voer.”

A­dri­aan S­trauss, die Bul­le se kap­tein, voor­spel die Leeus gaan hul ver­de­di­ging op die pun­te be­proef.

“Ons het goed ver­de­dig teen

Fo­to: GALLO Fo­to: GALLO

Jes­se K­riel by gis­ter se Bul­oe­fe­ning. Ru­dy Pai­ge is nie ver­ge­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.