WARM­WA: Ja­guar F­Pa­ce mik hou na weel­de­wa­ens

Beeld - - Motors -

Ja­guar het goed ge­doen om sy nu­we F-Pa­ce teen iets in die R700 000-kerf op ons mark te plaas. Teen die koers wat die rand tans val, gaan B­rit­tan­je sy Suid-A­fri­kaan­se fi­li­aal moet help om verkope nie met die be­kend­stel­ling reeds te laat sneu­wel nie.

Want dit sou jam­mer wees. Die nu­we­ling, die eer­ste sport­nuts in Ja­guar se ge­skie­de­nis, is wê­reld­wyd ge­wild. Die groep het reeds 25 000 be­stel­lings ont­vang en die wag­lys is al ses maan­de lank.

In groot­te kan jy die F-Pa­ce met Au­di se Q5 en Porsche se Ma­can ver­ge­lyk. Dit is juis ook die groot na­me teen wie hy sal mee­ding om ko­pers, saam met goed­ko­per nu­we­lin­ge soos die BMW X4 en Mer­ce­des se GLC.

Dit is dui­de­lik Ja­guar wou ’n spor­tie­we sport­nuts bou: Die bak­werk is kom­pak (dis sui­wer ’n vyf­sit­plek­ker) en groot­liks van lig­te a­lu­mi­ni­um ge­maak. Daar­by is daar ook ’n ver­sa­me­ling spor­tie­we en­jins on­der die neus ge­pas om hom by die tra­di­si­o­ne­le Ja­guar-man­tra van spor­tie­we weel­de te laat in­pas.

Top­mo­del­le kry die F-Ty­pe se 3.0 li­ter-V6 (met ’n dru­kaan­ja­er) met ’n keu­se van twee krag- vlak­ke, ter­wyl daar ook goed­ko­per mo­del­le is met die­sel­en­jins (2.0 li­ter en 3.0 li­ter).

’n Ou­to­ma­tie­se agt­gang-rat­kas stuur die krag meest­al na die ag­ter­wie­le in ’n 80/20-ver- hou­ding, maar die blik­brein kan ook in­gryp om die ver­sprei­ding na­der aan 50/50 te bring sou jy wiel­greep be­gin ver­loor.

Ver­skeie rit­mo­dus­se word ge- bied wat jy met ’n draai van ’n knop kan kies. Dit sluit ’n mo­dus vir al­ge­me­ne oop­pad­ry, as­ook grond- en sand­paaie in.

’n Grond­vry­hoog­te van 21 cm, ’n waad­ver­moë van 50 cm en goeie na­der- en ver­trek­hoe­ke (25° en 26°) be­te­ken mid­del­man­ne­tjies is nie ’n pro­bleem as jy by jou af­ge­leë berg­fiets­be­stem­ming moet uit­kom nie.

Tog is dit steeds ’n Ja­guar, wat be­te­ken hy moet ook luuks en spor­tief wees. Vir die luuk­se as­pek kan die ag­ter­ste sit­plek­ke met die druk van ’n knop­pie ag­ter­toe kan­tel.

Hulp­mid­dels sluit in ’n te­rug­druk-funk­sie as jy uit jou baan sweef, ’n gon­ser as ie­mand in jou blin­de­kol ry en jy wil van baan ver­an­der, volg­be­heer en ou­to­ma­tie­se hoof­lig­te.

Die bin­ne­ruim be­staan uit ’n groot raak­skerm in die mid­del en di­gi­ta­le in­stru­men­te voor die be­stuur­der. Die toe­re- en spoed­naald (di­gi­ta­le beel­de) kan met die druk van ’n ska­ke­laar ver­dwyn en in ste­de daar­van ’n pad­kaart wys vir jou sat­na­vfunk­sie.

Daar is ’n vas­hou­funk­sie as jy teen ’n bult wil weg­trek, en die mo­tor kan ook self teen ’n af­draan­de af­kruip met af­draan­de­be­heer.

’n Stop-ry-stel­sel is ook stan­daard in­ge­sluit.

Ons ver­moed die Porsche Ma­can het ’n goeie me­de­din­ger ge­kry.

Ja­guar se nu­we F­Pa­ce is ver­le­de week in Suid­A­fri­ka be­kend ge­stel. Dié klein sport­nuts het per­ma­nen­te 4x4aan­dry­wing, maar ’n spor­tie­we voor­koms en fris en­jins.

Regs: Ver­skil­len­de af­wer­kings is te kry – hier is ’n spor­tie­we rooi be­kleed­sel. Hier­die swart lyk som­ber, maar an­der weer­ga­wes met hou­t­in­set­sels in lyk le­wen­di­ger. Links: Net soos an­der Ja­guars het die F­Pa­ce ook die ron­de rat­hef­boom wat op­lig as die voer­tuig aan­ge­sit word. ’n Agt­gang­ou­to­ma­tie­se rat­kas word ge­bied.

Ja­guar wil sy kom­pak­te F­Pa­ce met die Porsche Ma­can laat mee­ding. Ons dink hy bied ’n heer­li­ke al­ter­na­tief tot die Duit­se wa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.