Aus­sies maak sta­sie­wa van ’n sport­mo­tor

Beeld - - Motors -

Die Aus­tra­li­ërs roem hul­le graag daar­op dat hul­le prak­tie­se men­se is. Neem maar hul bak­kies. Pleks van die ge­wo­ne diep laai­bak waar­mee die bak­kies in an­der lan­de by die fa­briek uit­ry, sal jy in Aus­tra­lië veel eer­der ’n bak­kie met ’n ho­ër, maar vol­ko­me plat laai­bak in die stra­te sien rond­ry.

Die plat laai­bak, glo hul­le, is baie prak­tie­ser.

Dit is teen dié ag­ter­grond wat Toyo­ta Aus­tra­lië se om­ge­bou­de 86-sport­mo­tor ge­sien moet word.

Die Aus­sies noem dit die 86 S­hoot­ing Bra­ke, aan­ge­sien dit in we­se ’n ge­wo­ne 86-koe­pee is, maar met ’n ho­ër, sta­sie­wa­ti­pe stert.

Die be­grip “s­hoot­ing bra­ke” is nie wyd be­kend in die mo­tor­wê­reld nie.

Die Aus­sies sê hul­le het drie jaar ge­le­de die 86-koe­pee ge­neem en toe aan hom be­gin ver­an­der om die plat, klein sport­mo­tor­tjie ’n biet- jie prak­tie­ser te maak.

Die neus is net so be­hou, maar ag­ter­langs is die dak­lyn ho­ër ge­lig en die luik­deur is ’n meer ver­ti­ka­le een­heid ge­maak.

Hoe­wel die as­af­stand en bin­ne­ruim on­ver­an­derd ge­laat is, bied die ho­ër dak nou meer kop­ruim­te vir die ag­ter­ste in­sit­ten­des.

Vol­gens die Aus­sies is dit ’n blink i­dee om so ’n al­ter­na­tie­we mo­del van die 86 te bou.

Vir hul mark sal dit per­fek werk, sê hul­le. Jong men­se (op wie die 86 ge­mik is) kan nou met die lan­ger weer­ga­we hul fiet­se of bran­der­plan­ke op die dak vas­maak en die mo­tor as ’n prak­tie­se voer­tuig vir na­week­uit­stap­pies be­nut.

Toyo­ta Ja­pan is eg­ter nog lug­tig. Sou dit blyk daar is ’n groot vraag na so ’n mo­del, sal hul­le aan die werk spring. Maar voor­lo­pig is Ja­pan te­vre­de met die sui­wer koe­pee in die reeks.

Fo­to’s: QUICKPIC

In Aus­tra­lië het Toyo­ta se ont­werp­span met ’n prak­tie­ser voor­stel vir die klein 86­sport­mo­tor vo­ren­dag ge­kom. Ons dink die i­dee kan werk.

Tot by die B­pi­laar is die 86 stan­daard, maar ag­ter­toe is die dak­lyn ge­lig en die luik­deur meer ver­ti­kaal ge­maak. Die Aus­sies sê nou kan jy ’n bran­der­plank op die dak pas en jou kan­ga­roe ag­ter in­laai.

Die ho­ër dak teen­oor dit wat jy by die koe­pee sal vind be­te­ken die ba­ga­sie­ruim is nou nut­tig vir meer as net ’n tan­de­bor­sel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.