Kia So­ren­to hoort op jou kort­ly­sie

Beeld - - Motors - Jan­nie Hen­nop

Kia se So­ren­to, net soos Hyun­dai se San­ta Fe, is voer­tuie wat hul­le in ’n ei­en­aar­di­ge seg­ment be- vind.

Hul­le is gro­ter as hul S­por­ta­geen Tu­c­son-stal­maats en selfs gro­ter as ’n BMW X3 en ’n Land Ro­ver Dis­co­ve­ry Sport, en is prys­ge­wys min of meer die­self­de as die Eu­ro­pe­se me­de­din­gers.

Kia se So­ren­to, die heel luuk­se 2.2 CRDi AWD SX, is die on­der­werp van ons ry-in­druk.

Die eer­ste vraag is wie die So­ren­to se ko­pers­mark is: Wel, dit bly ’n sag­te­baard – dus nie vir erns­ti­ge 4x4-lief­heb­bers nie. Dit is nie ’n veld­wa soos ’n For­tu­ner of ’n E­ve­rest nie, hoe­wel die 4x2weer­ga­wes van die twee ook in die So­ren­to se vi­sier is.

Dit is waar­skyn­lik ie­mand wat ruim­te soek (daar is se­we sit­plek­ke en ’n ta­maai kat­te­bak), so af en toe ’n s­leg­te grond­pad moet ta­kel, maar bo­wen­al in ge­mak en styl wil ry. Hier slaan die So­ren­to die spy­ker op die kop. Jip, daar is baie al­ter­na­tie­we, maar weer eens as dit by ruim­te en waar­de vir geld vir ’n 147 kW-tur­bo­die­sel­en­jin kom, gaan jy ’n ent­jie moet soek.

Voeg daar­by ’n klom­pie luuk­ses soos blin­de­kol­waar­sku­wing, ’n sat­nav-stel­sel en ’n klom­pie an­der ge­maks­ar­ti­kels, en die So­ren­to se plek in die mark be­gin dui­de­li­ker raak. Goed, nie al die luuk­ses is vir al die mo­del­le be­stem nie, maar die punt is, selfs met die duur­ste mo­del in die So­ren­to­reeks gaan jy ten min­ste vir krag, ge­rief en groot­te el­ders meer moet op­dok. Voeg daar­by die ver­vaar­di­ger se lan­ger waar­borg en din­ge soos ’n on­der­houds­plan eer­der as net ’n ver­sie­nings­plan en dit maak van die So­ren­to ’n baie vol­le­di­ge pak­ket. Jip, en daar is ’n vol­groot­te spaar­wiel.

Die aan­dag aan de­tail in die So­ren­to is ook iets wat nie on­ge­siens be­hoort ver­by te gaan nie. Van die pun­ti­ge rub­ber­mat in die laai­ruim om te sorg dat niks rond­skuif nie tot die lo­gie­se pla­sing van el­ke kon­tro­le en ska­ke­laar om een doel te dien – om die be­stuur­der en sy pas­sa­siers ge­mak­lik en ge­luk­kig te hou.

Die 2.2 li­ter-tur­bo­die­sel-en­jin is nie meer van­dag se kind nie en is ook in die vo­ri­ge ge­ne­ra­sie Ko­re­aan­se ry­goed in dié seg­ment in­ge­span. Tog is die ver­fy­ning vir die nu­we mo­del heel suk­ses­vol en voel die krag­bron al­les­be­hal­we oud.

K­lim in die So­ren­to en dit is waar die groot waar­de­ring kom: Die wa ry lek­ker, met an­der woor­de sag en stil, wat op ’n s­leg­te pad stam­pe en sto­te uit die ka­juit hou. Daar is al­tyd ge­noeg krag, geen tur­botraag­heid nie en ’n meer as bil­li­ke die­sel­ver­bruik wat in die toets­tyd­perk op rond­om ne­ge li­ter/100 km te staan ge­kom het. Kia re­ken dit kan so laag as ie­wers tus­sen ses en se­we li­ter vir el­ke 100 km wees.

Van bui­te is die So­ren­to dalk nie die aan­skou­lik­ste voer­tuig nie. Van voor is dit eg­ter ’n mooi wa, maar vir die res is daar ’n am­per­se sta­sie­wa-voor­koms wat maar in die aard van baie ry­goed in die klas is. Tog het die groot Kia ’n kop of wat laat draai.

Dalk is dit om­dat ek ’n ge­sins­mens is dat ek die So­ren­to so baie ge­niet het. Dit was bloot ’n ge­mak­li­ke ry­ding met ge­noeg krag, ’n wel­deur­dag­te uit­leg van die ka­juit en al wat ’n luuk­se wat ek no­dig ge­had het was daar. Boon­op is die ka­juit en af­wer­king eer­ste­klas.

Kri­tiek? Be­slis. Die stuur het steeds ’n ef­fen­se vaag­heid wat dalk meer op­val­lend is vir ons mo­tor­skry­wers weens die ver­skil­len­de ry­goed wat ons be­stuur. Volg­af­stand­be­heer sou han­dig wees en hoe­wel die klank­stel­sel goed ge­noeg is, sou ek ’n er­ger la­waai­ma­ker­stel­sel ver­kies het.

Son­der uit­son­de­ring het el­ke mens wat in die toets­tyd­perk in die So­ren­to ge­sit, saam ge­ry het of net ge­kyk het, net lof vir dié groot Kia ge­had. Ek het vol­le be­grip daar­voor.

Die top­mo­del se pro­bleem is waar­skyn­lik sy prys en sy me­de­din­gers en die waar­de vir geld lê waar­skyn­lik by een van die goed­ko­per die­sel­mo­del­le.

Al is me­de­din­ging taai in dié prys­klas, dink ek nie die So­ren­to gaan nood­wen­dig ’n bloed­neus kry nie. Dit sal be­slis op my kort­ly­sie in dié klas wees.

) 8 uit 10

Ver­al van voor lyk die So­ren­to eer­ste­klas en is sy groot­te heel in­ti­mi­de­rend.

Die uit­leg is net­jies en funk­si­o­neel en die sit­po­si­sie baie ge­mak­lik.

Regs: Selfs die twee­de ry sit­plek­ke het ’n paar ver­stel­lings­moont­lik­he­de om sit ge­mak­li­ker te maak.

Die hand­rem is ’n e­lek­trie­se een­heid en die weg­trek­be­heer is heel han­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.