Mo­tor­fiet­se brul die na­week op Ky­a­la­mi

Beeld - - Motors -

Die na­week lei al­le paaie na die op­ge­knap­te Ky­a­la­mi-ren­baan waar die eer­ste Suid-A­fri­kaan­se mo­tor­fiets­fees ge­hou word.

Die SA Bi­ke Fe­s­ti­val sal van mô­re af tot Son­dag duur, en ’n vol pro­gram wag op be­soe­kers.

Van die groot­ste aan­lok­lik­he­de is mo­tor­fiets­rit­te om die ren­baan, toer­tjies deur waag­hal­se, ten­toon­stel­lings van nu­we mo­tor­fiet­se en mo­tor­fiets­ver­wan­te pro­duk­te wat ver­koop sal word.

Be­ne­wens die nu­we fiet­se sal die han­de­werk van deel­ne­mers aan ’n cu­s­toms- kom­pe­ti­sie ook be­skou kan word.

Daar gaan tal­le stal­le­tjies wees wat toe­be­ho­re ver­koop. En as jy nie daar iets vir jou fiets kan vind nie, kan jy al­tyd ’n ta­toe­ëer­merk vir jou­self kry.

Daar sal spe­si­a­le be­derf­ge­bie­de vir kin­ders en vroue wees, as­ook ver­maak.

Kaart­jies kos R190 per dag en toe­gang is gra­tis vir kin­ders on- der 12. Le­de van mo­tor­fiets­klubs en groot groe­pe be­taal R125.

Jy kan ook ’n ge­sins­kaart­jie (twee vol­was­se­nes en twee tie­ners) koop vir R600. Daar is an­der pak­ket­te ook te koop, soos as jy meer as een dag wil gaan.

Meer be­son­der­he­de oor kaart­jies is be­skik­baar by 086 1000 291 of by i­tic­kets.co.za.

Vry­dag o­pen die fees­hek­ke om 11:00 en duur tot 21:00; Sa­ter­dag is dit van 09:00 tot 21:00 en Son­dag van 09:00 tot 17:00.

Van die mooi ys­ters wat die na­week op Ky­a­la­mi te sien sal wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.