Au­di’s lyk dalk te een­ders

Beeld - - Motors - Jan­nie Hen­nop

Dit is dees­dae nog­al moei­lik om ie­mand se wel­vaart net aan sy of haar ry­ding te meet. El­ke splin­ter­nu­we kar is eint­lik ’n teken van wel­vaart, bloot weens van­dag se pry­se.

In­dien jy ’n klom­pie ja­re ge­le­de van jou groot Ja­pan­se se­dan na ’n klei­ner Duit­se weel­de­se­dan ge­gra­du­eer het, het men­se ge­weet jy is op pad.

Jy het met jou Au­di A4, BMW 3-reeks en C-klas Merc ge­wys jy be­weeg nou in ’n meer eks­klu­sie­we groe­pie want jy k­lim die suk­ses­leer.

Die dae toe dié drie ry­goed ge­reeld on­der die tien top­ver­ko­pers was, is ver­by. Dié spe­si­fie­ke kar­re het gro­ter en luuk­ser ge­word en die pry­se het oor­een­koms­tig die hoog­te in­ge­skiet. Boon­op het die gren­se ver­vaag, want ’n klei­ner, nu­we­ge­slag-, weel­de­se­dan het by elk­een van die Duit­sers sy ver­sky­ning ge­maak.

By Au­di is daar nou ook die A3-se­dan, by Mer­ce­des die CLA en by BMW die 2-reeks.

Die klein­tjies het baie van die tra­di­si­o­ne­le rol­le (prys en sta­tus) oor­ge­neem en na­tuur­lik het die koms van die sport­nut­se self meer aan­dag van die A4/3-reeks/C-klas af­ge­trek.

Die ver­koop­sy­fers be­klem­toon laas­ge­noem­de feit.

Au­di se A4 is die nuut­ste van die drie Duit­sers en ook die een wat ons met die mees ge­meng­de ge­voe­lens ge­laat het. Ons toets­mo­del was die 2.0T FSI S tro­nic met krag wat na die voor­wie­le toe hol. Geen vier­wiel­dryf-quat­tro­stel­sel nie. Ten­sy jy ge­reeld in die sneeu of el­ke dag op ’n nat pad ry of teen baie hoë snel­he­de deur draaie wil jaag, is die quat­tro-stel­sel nie werk­lik no­dig nie.

Aan die een kant sorg die nu­we me­ga­ni­ka vir die A4 wat die bes­te ry en han­teer van e­ni­ge A4. Dis be­lang­rik as jy ont­hou dat die C-klas tra­di­si­o­neel die sag­ste ry­er en die 3-reeks die bes­te han­teer­der was. Soos voor- heen wil jy am­per die A4 die bes­te kom­pro­mie tus­sen die twee noem. Ek dink eg­ter die nu­we A4 is wat rit­ge­hal­te en han­te­ring be­tref so in die kol dat men­se nie meer van die “bes­te kom­pro­mie” kan praat nie, sy voor­wiel­aan­dry­wing ten spyt. Hy hoef nie een van die twee be­ter te doen nie. Die ma­nier waar­op die A4 sy ding doen, is goed ge­noeg.

Die nu­we­ling is lan­ger en gro­ter as sy voor­gan­ger, wat tot die rui­mer ka­juit by­dra. Min­der knap as voor­heen, maar lang men­se moet steeds hul sit ag­ter­in ken. Die ba­ga­sie­bak is selfs gro­ter as dié van sy twee me­deDuit­sers.

Die in­stru­men­ta­sie is ’n in­te­res­san­te meng­sel van e­le­men­te.

Die lang, aan­een­lo­pen­de ry lug­in­la­te val da­de­lik op en het so iet­wat van ’n re­tro-ef­fek. Die res van die in­stru­men­ta­sie volg ’n mi­ni­ma­lis­tie­se be­na­de­ring met ’n klom­pie funk­sies wat deur Au­di se MMI-mul­ti­me­di­a­stel­sel be­heer word.

Wat ge­pla het, is die feit dat die groot skerm op die voor­pa­neel nie soos in Au­di’s van ouds met die druk van ’n knop­pie weg­sink en self bê­re nie. Nou lyk dit maar bloot as­of jy jou eie ta­blet loop staan maak het op die voor­ste pa­neel. Ek voel die ron­de draai-druk­knop­muis moet te­rug­skuif tot ag­ter die rat­kie­rie waar dit dan be­ter in jou hand sal val. Niks erns­tigs nie, maar dit kon be­ter.

Au­di het ook be­sluit om die par­keer­funk­sie van die rat­kas nou met die druk van ’n knop­pie op die rat­hef­boom (am­per soos BMW) te laat ge­skied.

Waar jy ge­woond was om by­na blin­de­lings die rat­hef­boom vo­ren­toe toe stoot tot waar dit nie meer kan nie, is nie meer Par­keer nie.

Dit is hoe feit­lik al­le ou­to­kas­te se ska­kel­pa­troon werk. As ’n vreem­de­ling jou Au­di moet be­stuur, wys hom of haar tog maar daar­op . . .

Die hoof­in­stru­ment­huls voor die be­stuur­der span soos die A8 en die TT die ver­vaar­di­gers se En­jin di­gi­ta­le in­stru­men­ta­sie in waar jy die groot­te van die spoed­me­ter en toe­re­tel­ler en jou sa­tel­liet- na­vi­ga­sie kan aan­pas. Dit is ’n ver­nuf­ti­ge stuk­kie teg­no­lo­gie, heel han­dig en ’n mens raak dit mak­lik baas.

Dit is maar ’n ge­stoei om vas te stel wat stan­daard en wat op­si­o­neel ek­stra is, maar die mo­del se stan­daard­prys was R511 000 en “soos ge­toets” was dit R647 170.

De­son­danks was die be­stuur­der se sit­plek net ge­deel­te­lik e­lek­tries ver­stel­baar; wat bloot vreemd is.

Waar die A4 nie ’n voet ver­keerd sit nie is die e­ner­gie­ke wy­se waar­op die twee­li­ter-tur­bo-en­jin saam­speel. Die 140 kW mag be­skeie klink, maar met 320 Nm se wring­krag en daar­die seep­glad­de se­wegang-dub­bel­kop­pe­laar­rat­kas was vin­ni­ge vor­de­ring nooit ’n kwes­sie nie. Ver­bruik in die toets­tyd­perk het na­der te staan ge­kom aan tien li­ter vir el­ke 100 km wat af­ge­lê is, maar Au­di re­ken 5,4F/100 km is haal­baar.

Die A4 se voor­koms is sy a­chil­les­hiel.

Dit is wel ’n baie mooi voer­tuig, maar dit lyk so baie na die klei­ner A3-se­dan en selfs na die gro­ter A6 en A8 dat dit nie werk­lik sy eie ka­rak­ter het nie.

Dit is ook ’n pro­bleem met die an­der twee Duit­sers waar jy soms mooi moet kyk of dit die klein­tjie, die me­di­um­groot­te- of selfs die groot­ste mo­del is. Daar is se­ker ’n saak uit te maak vir fa­mi­lie­trek­ke, maar wat die A4 ver­der knie­hal­ter, is dat dit steeds baie op sy voor­gan­ger ook trek.

Waar laat dit die A4? On­danks ’n paar klag­tes, wat ek aan­vaar ook sub­jek­tief kan wees, is daar min twy­fel dat dit steeds ’n goeie voor­beeld van die spe­sie is. )

Die A4 is nuut al trek dit baie op sy voor­gan­ger.

Die nu­we A4 is aan­sien­lik rui­mer as voor­heen.

As jou A4 oor die op­sie be­skik kan jy tot jou sat­nav reg voor jou laat ver­toon.

Die hoof­in­stru­men­ta­sie is heel aan­pas­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.