’n Pas­sat kán kop­pe laat draai

Beeld - - Motors - Jan­nie Hen­nop

Daar word nie meer veel groot se­dans in SuidA­fri­ka ver­koop nie. Dié wat wel nog hier te kry is, se verkope is maar ei­na.

Prys, die koms van sport­nut­se en die me­di­um­groot­te se­dans wat al hoe gro­ter word, is waar­skyn­lik die re­de dat die vraag taan.

Boon­op kan jy vir die prys van ’n groot se­dan selfs in die rig­ting van ’n klei­ner Duit­se pre­mi­um­se­dan be­gin loer.

Tog vol­hard ’n paar ver­vaar­di­gers met hul groot se­dans. Daar is Hon­da se ou­li­ke Ac­cord, Ford se in­druk­wek­ken­de Fu­si­on, Lexus se waar­de-vir­geld-ES250 en Volks­wa­gen se ui­ters be­vre­di­gen­de Pas­sat, wat die on­der­werp van dié ry-in­druk is.

’n Paar van die gro­tes wat nie meer in Suid-A­fri­ka be­skik­baar is nie, sluit die Ma­z­da6, Su­zu­ki Ki­zashi, Kia Op­ti­ma, Hyun­dai So­na­ta en die Peu­ge­ot 508 in.

Die oor­bly­wen­des se ge­sa­ment­li­ke maan­de­lik­se ver­koop­sy­fers stoei om 100 te haal.

Dit is da­rem lek­ker om in ’n groot se­dan te ry. Ruim­te is ge­noeg, waar dit soms, ver­al vir die ag­ter­ste in­sit­ten­des, in ’n me­di­um­groot­te se­dan kan knyp. Die kat­te­bak is op­ge­was­se vir ’n goue kre­diet­kaart se krui­de­niers­wa­re, skool­tas­se van die kin­ders en hul maats, en as jy van slaan-en-soek hou, twee of drie gholf­sak­ke.

Die nu­we­ling is aan­sien­lik gro­ter as sy voor­gan­ger al is sy bui­te­af­me­tings min of meer die­self­de.

Die groot ver­skil kom in by die as­af­stand. Die nu­we­ling se voor­as en ag­ter­as is 8 cm ver­der van me­kaar. Wie stry oor ’n 586 li­ter-kat­te­bak met ’n vol­groot­te nood­wiel?

Dis as­of Volks­wa­gen be­sig is om hul ont­werp­mo­jo te vind. Laat ons eer­lik wees, Golfs, Jet­tas en Pas­sats laat nie die kop­pe draai nie. Ek meen tog die nu­we Pas­sat sal wel ’n kop of wat kan laat draai.

Die voor­aan­sig met die lang sier­roos­ter en die goed­ge­de­fi­ni­eer­de hoof­lig­hul­se is die re­de waar­om dit aan­dag trek. Dit lyk goed, doel­ge­rig en selfs spor­tief en ag­gres­sief.

Die he­le voor­kant laat die Pas­sat ont­set­tend breed en plat lyk en die ont­werp tref die kol.

Die toets­mo­del was boon­op met die R-Li­ne-pak­ket af­ge­werk, wat ek­stra kantskor­te, ak­sen­te voor en ’n ge­ïn­te­greer­de druk­vin op die ba­ga­sie­klap in­sluit.

Die kant­pro­fiel is maar ti­pies se­dan, maar met ’n ste­wi­ge skuins dak­lyn wat heel mo­dern lyk. Ag­ter lyk din­ge ook gaaf. Die uit­laat­py­pe is net­jies on­der die buf­fer in hul eie huls ge­ïn­te­greer en dit laat die ag­ter­kant af­ge­rond lyk, luuks eer­der as spor­tief of ag­gres­sief.

Bin­ne slaan Volks­wa­gen die ki­taar se luuk­se snaar.

Dit lyk nou om­trent soos die nu­we Au­di A4 bin­ne, ook met die lug­in­laat wat deur­loop op die voor­pa­neel, as­ook die di­gi­ta­le in­stru­men­ta­sie. Als is dui­de­lik en lo­gies uit­een­ge­sit, die sit­plek­ke is ge­mak­lik en daar is meer as ge­noeg ruim­te vir ’n groot en lang per­soon.

Jy kan jou Pas­sat met ’n hor­de op­sies ge­rief­li­ker en vei­li­ger maak.

Die toets­mo­del was met Volks­wa­gen se twee­li­ter­tur­bo­pe­trol­en­jin toe­ge­rus wat ’n ste­wi­ge 162 kW en 350 Nm bied, ge­kop­pel aan ’n ses­gang-dub­bel­kop­pe­laar­rat­kas. Dit is meer as ge­noeg krag vir die Pas­sat se ste­wi­ge lyf, al is hy am­per 100 kg lig­ter as sy voor­gan­ger is.

Die rat­kas werk naat­loos en die Pas­sat het lig in die hand ge­voel. Die stuur en on­der­stel het gou ge­re­a­geer en die krag­stuur het al­tyd net die kor­rek­te la­ding ge­had.

Teen kort dus­kant ’n half­mil­joen rand is dit wel baie geld en die by­ko­men­de op­sies se prys is nog nie eens by nie.

Tog is die ge­mak en die stan­daard­luuk­ses van die Pas­sat ge­noeg om ’n sterk saak daar­voor uit te maak op grond van prys en ge­rief.

Voeg dan die lek­ker en­jin, soe­pel, sag­te en stil rit, as­ook die aan­ge­na­me ruim ka­juit by, En­jin dan mag die groot se­dan dalk nie voor hard­loop nie, maar hy is be­slis ook nie dood nie.

Die Pas­sat is ’n puik voor­beeld van die spe­sie.

) 8 uit 10

Voor lyk die Pas­sat baie breed, plat en spor­tief.

Van ag­ter lyk die Pas­sat heel sta­tig.

Voor vorm die lig­hul­se ’n net­jie­se een­heid met die sier­roos­ter.

Die bin­ne­ruim is funk­si­o­neel en e­le­gant.

Die ag­ter­lig­te se lig­pa­troon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.