K­ris Mee­ke wen in Por­tu­gal

Beeld - - Motors -

In ’n dra­ma­tie­se ren in die noor­de van Por­tu­gal het K­ris Mee­ke Son­dag ’n on­ver­wag­se ver­sky­ning op die po­di­um se boon­ste trap ge­maak as die wen­ner van die na­week se Por­tu­ge­se Tyd­ren. Die ren het die vyf­de ron­de in van­jaar se WRC­reeks ge­vorm en is groot­liks op grond­paaie na­by aan die S­paan­se g­rens be­slis. Am­per 30 se­kon­des ag­ter die Citro­ën DS3­ja­er was die twee Volks­wa­gen Po­lo’s van And­re­as Mik­kel­sen (twee­de) en Sé­bas­tien O­gier (der­de). Die vol­gen­de ren is die I­ta­li­aan­se Tyd­ren in Sar­di­nië op 9 Ju­nie.

Fo­to: MARISA SWART

Leeroy Poul­ter en El­vé­ne Coet­zee het die na­week die stryd van die twee Toyo­ta Ya­ris­se ge­wen toe hul­le na­el­skraap oor hul span­maats Gi­niel de Vil­liers en Ca­ro­lyn S­wan, hier met ’n half gaar ta­ren­taal op die neus, ge­se­ë­vier het in die Se­cun­da­tyd­ren. Die ren was die der­de ron­de in van­jaar se ver­wa­ter­de na­si­o­na­le tyd­ren­reeks met net Toyo­ta wat tans ’n fa­briek­span in die reeks het. De Vil­liers het aan­vank­lik Vry­dag nog voor­ge­loop na­dat hy goed ge­vaar het in twee teer­pad­skof­te. Maar Sa­ter­dag het Poul­ter se grond­pa­der­va­ring weer deur­ge­ske­mer so­dat hy met ’n tyd­ga­ping van skaars an­der­half se­kon­de kon wen. Poul­ter is nou die voor­lo­per op die pun­te­leer met 12 pun­te. Die vol­gen­de ren is die Volks­wa­gen­tyd­ren in die Baai op 15 Ju­lie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.