‘X­Fi­les’ se S­cul­ly ge­reed vir dié uit­da­ging

Beeld - - Front Page - Ro­zan­ne Els

Die naam is Bond, Ja­ne Bond.

Dit is nou as dit van die ak­tri­se Gil­li­an An­der­son af­hang.

Daar word al maan­de lank be­spie­gel oor wie Da­niel Craig se skoe­ne gaan vol­staan se­dert hy be­gin ge­lui­de maak het oor sy uit­tre­de as Ja­mes Bond.

Craig het Ian F­le­ming se i­ko­nie­se B­rit­se spi­oen in vier rol­pren­te ver­tolk – Ca­si­no Roy­a­le, Qu­an­tum of So­la­ce, Skyfall en S­pect­re.

Ná die uit­rei­king van S­pect­re ver­le­de jaar het ver­skeie ak­teurs hard­op ge­hoop dat hul­le dié rol sal kry.

Tot dus­ver was die hoop­vol­les al­mal mans.

In ’n T­wit­ter-ge­sprek on­der die huts­merk #Nex­tBond het An­der­son, wat ja­re lank die rol van die FBIa­gent Da­na S­cul­ly in The X-Fi­les ver­tolk het, as die gunsteling uit­ge­styg.

An­der­son was net so op­ge­won­de soos haar aan­han­gers. Sy het vin­nig ’n Bond-plak­kaat ge­deel wat deur ’n aan­han­ger ge­maak is met haar in die plek van die ge­wil­de spi­oen op die fo­to.

Dit is nog ver van ’n uit­ge­maak­te saak wie die rol gaan ver­tolk.

Die Bil­ly El­li­ot- ster, Ja­mie Bell, is die jong­ste op ’n lang lys van ak­teurs wat glo vir die rol oor­weeg word.

On­der hul­le is Hugh Jack­man, I­dris El­ba en Tom Hidd­le­ston.

Die plak­kaat van An­der­son as 007.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.