Wiel teen wiel­ak­sie

Mo­toGP le­wer na­el­byt­ak­sie en in Mo­to3 toon Bin­der sy staal

Beeld - - Motors - Die Mo­toGP­stoom­trein kort ná die weg­spring met Lo­ren­zo voor, ge­volg deur Ros­si, Su­zu­ki se A­leix Espar­garó en Már­quez.

Son­dag was nou ’n be­hoor­li­ke tong­uit­steek vir Va­len­ti­no Ros­si en sy dui­sen­de on­der­steu­ners op Mu­gel­lo in I­ta­lië.

Ros­si (Ya­maha) se ver­naam­ste teen­stan­ders, die twee S­paan­se swaar­ge­wig­te Jor­ge Lo­ren­zo (Ya­maha) en Marc Már­quez (Hon­da) het die nr. 1- en nr. 2-trap­pie op die po­di­um vol­ge­staan met And­rea Ian­no­ne, ’n I­ta­li­a­ner op ’n I­ta­li­aan­se fiets, op die der­de trap­pie.

Van Ros­si was daar geen teken nie. Sy mo­tor­fiets het in die helf­te van die wed­ren die gees ge­gee – om­hul deur ’n groot bol wit rook.

Vir die twee S­pan­jaar­de was dit ’n blye oom­blik, want Ros­si het hul­le twee we­ke ge­le­de op Je­rez in S­pan­je, voor hul tuis­ska­re, die loef af­ge­steek.

Vir Ros­si is Son­dag se ge­beu­re waar­skyn­lik ’n bit­ter pil om te sluk – ver­al om­dat dit nie deur sy eie toe­doen is dat hy nie op die po­di­um was nie. Hy is deur ’n teg­nie­se fout uit­oor­lê.

Ros­si het al­les ge­doen wat van hom ver­wag is. Hy het voor weg­ge­spring en, on­danks sy re­pu­ta­sie vir swak weg­spring, da­rem daar­in ge­slaag om net een plek aan Lo­ren­zo af te staan.

Hy het eg­ter be­sef Lo­ren­zo moet nie weg­kom nie, en het op sy stert ge­bly en selfs een of twee keer ’n ver­by­steek­po­ging aan­ge­wend.

Ros­si het boon­op ge­sorg dat Mar­quez ag­ter hom bly. En dit ter­wyl, soos een van die TV­kom­men­ta­tors dit ge­stel het, 99 000 van die 100 000 toe­skou­ers Ros­si aan­ge­moe­dig het met geel rook (geel is Ros­si se kleur) wat soos ’n mis­wolk oor die baan en pa­vil­joe­ne ge­hang het.

Met Ros­si uit die prent­jie, het dit in ’n fa­na­tie­se twee­stryd tus­sen Lo­ren­zo en Már­quez ont­wik­kel. Na­der aan die ein­de van die ren het Már­quez reg­ge­kry wat Ros­si vroe­ër nie kon ver­mag nie – om Lo­ren­zo ver­by te steek. Met een rond­te oor, was Már­quez voor en die twee ry­ers was kop aan kop.

Ná die laas­te draai het dit ge­lyk na ge­da­ne sa­ke met Már­quez wat voor was en sou wen. Maar dit was nog nie die ein­de nie. Die voor­wiel van Már­quez se Hon­da het op­ge­lig. Dit het tyd ge­kos, en Lo­ren­zo het sy Yam­mie se oor oop­ge­draai en slegs 0.019 se­kon­de voor Már­quez oor die wen­streep ge­jaag. Dit is om­trent ’n hal­we mo­tor­fiets­leng­te en die naas­te nóg so­ver van­jaar.

Ag­ter dié skou­spel het ’n an­der een hom af­ge­speel. Da­ni Pe­dro­sa (Már­quez se span­maat) het in ’n stryd met die twee Du­ca­ti’s van And­rea Do­vi­zi­o­so en And­rea Ian­no­ne ge­wik­kel ge­raak.

’n Paar na­el­by­toom­blik­ke het ge­volg. Ver­al die twee Du­ca­ti’s het die pap dik aan­ge­maak wat waar­skyn­lik die span­be­stuur hoof­bre­kens be­sorg het. Ar­gen­ti­nië moes by hul­le ge­spook het toe Di­vi­zi­o­so en Ian­no­ne – met twee po­di­um­plek­ke wat ge­wink het – in ’n bot­sing was.

Do­vi­zi­o­so het Son­dag oor­y­we­rig ge­raak, ’n draai te vin­nig aan­ge­durf en te wyd uit­ge­kom. Hy het te veel tyd ver­loor en ’n twee­stryd het tus­sen Ian­no­ne en Pe­dro­sa ont­staan. Ian­no­ne – wat i­ro­nies ge­noeg nie weer ’n kon­trak vir 2017 by Du­ca­ti aan­ge­bied is nie – het Pe­dro­sa ge­klop en so die der­de plek op die po­di­um in­ge­palm.

) In ’n an­der, ewe fel stryd het Suid-A­fri­ka se Brad Bin­der sy der­de ag­ter­een­vol­gen­de se­ge in die Mo­to3-klas be­haal. Bin­der was deel van ’n groep van so­wat tien ja­ers wat tot kort voor die ein­de ge­du­rig p­lek­ke ver­wis­sel het. Bin­der het met een rond­te oor die voor­tou ge­neem en die string ja­ers ag­ter hom kon net nie na­by ge­noeg kom om ’n be­drei­ging te wees nie.

Bin­der het nou ’n ge­rief­li­ke voor­sprong van 49 pun­te oor sy naas­te teen­stan­der in die klas.

Fo­to: MO­TOGP.COM

Fo­to: AP

’n Uit­bun­di­ge Brad Bin­der van Suid­A­fri­ka vier sy der­de ag­ter­een­vol­gen­de oor­win­ning in die Mo­to3­klas Son­dag op Mu­gel­lo in I­ta­lië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.