UP dreig be­to­gers met ar­res

Beeld - - Front Page - Han­nes Kru­ger

Die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria het gis­ter e­nig­ie­mand wat die ko­men­de ek­sa­men ont­wrig met straf­reg­te­li­ke ver­vol­ging ge­dreig.

Dit kom na­dat die EFF ge­waar­sku het hy gaan “dras­tie­se stap­pe” doen in­dien Tuks nie toe­gee aan hul ei­se om van A­fri­kaans en die “A­fri­ka­ner­kul­tuur” op die kam­pus ont­slae te raak nie.

Die# A­fri­kaans Mus t F al l- be­we­ging het eer­gis­ter op kam­pus mu­re met spuit­verf “# A­fri­kaan­sMus­tFall” en“Wh i te P­ri­vi­led­ge (sic) Must Fall” ge­skryf.

A­friForum Jeug sê hy is ge­reed vir die EFF as hul­le die ek­sa­men, wat vol­gen­de week be­gin, ont­wrig.

“Ons het reeds stap­pe be­gin doen om toe te sien dat die stu­den­te vei­lig sal bly ge­du­ren­de die ek­sa­men. Die EFF wil weer ge­weld ge­bruik om pro­ble­me op te los,” sê Mor­né Mos­tert van A­friForum Jeug.

Lun­gi­le Son­wa­bo, EFF-woord­voer­der op Tuks, het ge­sê: “A­friForum en die u­ni­ver­si­teit moe­nie dink hul­le sal ons keer nie. Ons is moeg daar­voor om ge­ïn­ti­mi­deer en ge­vik­ti­mi­seer te word.”

Die EFF is on­te­vre­de om­dat die u­ni­ver­si­teit hom glo nie daar­aan toe­wy om werk­lik te trans­for­meer nie.

“Dit is dui­de­lik dat hul­le in die werk­groe­pe net maak as­of hul­le ’n net-En­gels-taal­be­leid wil in­stel. As ’n mens kyk na die aan­soek­vorms vir vol­gen­de jaar, is die op­sie steeds daar dat jy kan kies in wat­ter taal jy on­der­rig moet word,” sê hy.

An­na-Re­tha Bou­wer, UP­woord­voer­der, sê die ont­wrig­ting van ek­sa­mens is ’n straf­reg­te­li­ke oor­tre­ding. Die skul­di­ges sal straf­reg­te­lik aan­ge­kla en aan die u­ni­ver­si­teit se tug­stap­pe on­der­werp word.

Die slag­spreuk “#A­fri­kaan­sMus­tFall” en “W­hi­te p­ri­vi­led­ge must fall” (sic) is eer­gis­ter op ver­skeie plek­ke teen ge­boue op die Tuks­kam­pus ge­spuit­verf.

Fo­to: P­RE­TO­RIA NEWS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.