‘Ne­an­der­dal’ kry sy kop­stamp­straf

Beeld - - Front Page - – Mi­ke van Rooy­en

Bloem­fon­tein. – “Dit is ’n jam­mer­li­ke dag wan­neer iemand met ’n mees­ters­graad ag­ter sy naam in die hof staan oor ’n daad wat by ’n Ne­an­der­dal­man hoort,” het Ja­c­ques Pot­gie­ter, ’n aan­kla­er, hier in die land­dros­hof ge­sê.

Hy het ter straf­ver­swa­ring be­toog in die ver­hoor van Le­on van der Wath (fo­to), voor­ma­li­ge Vry­staat- en G­rie­kwa-rug­by­spe­ler.

Van der Wath se von­nis van ’n boe­te van R80 000 of twee jaar tronk­straf is vir vyf jaar op­ge­skort. Hy moet op eie kos­te ’n kur­sus volg om hom te leer om sy woe­de te be­teu­el, het land­dros Ephraim Se­be gis­ter in die land­dros­hof ge­las.

Pot­gie­ter het in sy be­toog ge­sê hy stem saam drank het ’n rol ge­speel en dat Van der Wath op die in­ge­wing van die oom­blik Rie­kie Cloe­te (39) in ’n kui­er­plek met die kop ge­slaan het, maar hy kon om­ge­draai en ge­loop het.

Van der Wath, wat weet hy word ag­gres­sief wan­neer hy drink, moet hom van drank weer­hou.

As ’n ge­we­se pro­vin­si­a­le rug­by­spe­ler moet hy as ’n rol­mo­del, ver­al vir kin­ders, ge­sien word.

Ni­co Nau­dé, sy regs­ver­teen­woor­di­ger, het ter straf­ver­sag­ting be­toog Van der Wath het groot be­rou.

Hy het ’n BAA­gric-, ’n hon­neurs- en ’n MBA-graad ver­werf voor­dat hy in 2003 die sa­ke­wê­reld be­tree het. Hy het nou sa­ke­be­lan­ge in Bloem­fon­tein en Na­mi­bië.

Hy het Cloe­te van geen kant ge­ken toe sy hom die aand van 8 A­pril in die kui­er­plek ge­na­der het nie. Sy het hom in ’n sta­di­um om die nek ge­had en na haar ge­trek. Sy het sy ma se pri­va­te de­le ge­vloek.

“In­dien dit ’n man was, kon ’n mens ge­sê het hy het ge­kry wat hy ge­soek het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.