Kol­le­ga klap ba­ba teen die voor­kop

Beeld - - Front Page -

Die stu­dent wat ge­hei­me vi­deo’s in ’n ba­ba dag­sorg sen­trum in Cen­tu­ri­on ge­maak het, het glo ook een ge­neem van waar haar 23­ja­ri­ge blon­de kol­le­ga ’n ba­ba teen die voor­kop klap.

Die stu­dent be­weer nóg ’n vi­deo toon hoe dié ver­sor­ger ’n ba­ba baie hard op die vloer neer­sit en nog een hoe sy te warm melk in ’n bot­tel in ’n ba­ba se keel af­dwing.

’n Twee­de ver­sor­ger is glo af­ge­neem waar sy ’n kind aan die arm op­tel son­der om die ly­fie te on­der­steun. Sy wou nie dié vi­deo’s aan Beeld wys nie.

Beeld het na­vrae per SMS en W­hat­sApp aan die be­trok­ke ver­sor­ger ge­rig. Sy het nog nie daar­op ge­re­a­geer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.