‘Geen nu­we swart ge­vaar’

LUR stel A­fri­ka­ners ge­rus oor sko­le

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

’n Nu­we swart ge­vaar wat dreig om A­fri­ka­ner ge­meen­skap­pe te ver­stoot, be­staan nie.

A­fri­ka­ner ge­meen­skap­pe het niks te vrees ná die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof se uit­spraak ver­le­de week nie, het Pa­ny­a­za Lesufi, LUR vir on­der­wys in Gau­teng, gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het Vry­dag een­pa­rig be­slis dat Lesufi se plan­ne vir on­der meer die pla­sing van leer­lin­ge in sko­le “ra­si­o­neel, re­de­lik en reg­ver­dig­baar” is.

“Daar is som­mi­ge men­se in som­mi­ge ge­meen­skap­pe wat hier­die uit­spraak ge­bruik om men­se ver­keer­de­lik te mo­bi­li­seer. ‘Daar is ’n nu­we swart ge­vaar. Wees be­wus. Swart men­se is op pad na jul­le. Hard­loop weg. Vat jul kin­ders uit die sko­le uit,’ ” het Lesufi ge­sê.

“Ons het ’n daad­werk­li­ke be­sluit ge­neem om ver­ga­de­rings met A­fri­ka­ner ge­meen­skap­pe te re­ël. As de­par­te­ment sal ons die pro­ses lei. A­fri­ka­ner ge­meen­skap­pe het niks om voor bang te wees nie.

“Maar om ons kin­ders toe te laat om saam te leer, saam te speel en saam te sing? Wat is fout daar­mee om ses­ja­ri­ges te laat saam­speel en -sing?”

Lesufi het ook na die vak­bond So­li­da­ri­teit en sy fi­li­aal A­friForum ver­wys.

“Daar is die or­ga­ni­sa­sie wat ek nie erns­tig op­neem nie ge­naamd So­li­da­ri­teit en die an­der een is A­friForum. Ek is nie ver­veeld nie. Húl­le is ver­veeld.

“Maar ons het die ver­ant­woor­de­lik­heid om ons kin­ders se toe­koms te ont­wik­kel.”

Lesufi sê So­li­da­ri­teit en A­fri- Fo­rum ver­teen­woor­dig nie al­le A­fri­ka­ners nie.

“Ons sal met A­fri­ka­ners ver­ga­der en aan hul­le ver­dui­de­lik: Jul sko­le word nie be­dreig nie. Jul taal word nie be­dreig nie. Ons vra net ’n nie­ras­si­ge stel­sel.

“As nie­ras­sig­heid iets is wat jy nie wil hê nie, gaan ons dit on­ge­luk­kig aan jou op­dwing, want nie­ras­sig­heid is nie sleg nie.

“Ons sal dus werk om ’n nie­ras­si­ge on­der­wys­stel­sel te be­vor­der wat die ta­le van ver­skil­len­de ge­meen­skap­pe, die ge­rie­we van daar­die ge­meen­skap­pe en die be­stuur­ders van daar­die ge­rie­we re­spek­teer.”

E­nig­ie­mand wat sê se­ke­re ge­meen­skap­pe sal “uit­ge­druk” word of nie toe­ge­laat word om hul taal te praat nie, mis­lei men­se.

“Hul­le skep ’n nu­we swart ge­vaar. En ons sal dit nie toe­laat nie, want ons om­hels nie­ras­sig­heid.

“Suid-A­fri­ka be­hoort aan die men­se wat hier woon. Al ons sko­le be­hoort aan al ons kin­ders. Al hier­die ge­rie­we be­hoort aan ons al­mal.”

Vol­gens Lesufi is ’n taak­span reeds aan­ge­stel om na die nu­we gren­se van skool­voe­ding s ge­bied ete kyk.

“Ons sal die nu­we gren­se vir die voe­dings­ge­bie­de vol­gen­de jaar aan­dui.”

Fo­to: MARY­ANN PALMER

Pa­ny­a­za Lesufi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.