JZ-­prent: Lesufi ei­en die skool dáárom nie

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Die on­der­soek na die skool in Gau­teng wat vrae oor ’n Za­pi­ro-spot­prent van p­res. Ja­cob Zu­ma in ’n gr. 6-toets ge­vra het, is nog nie af­ge­han­del nie, al het die skool reeds om ver­sko­ning ge­vra.

Pa­ny­a­za Lesufi, LUR vir on­der­wys in Gau­teng, het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê ver­teen­woor­di­gers van sy de­par­te­ment het dié pri­va­te skool vroe­ër die week be­soek, maar die de­par­te­ment is nog be­sig met ’n in­ter­ne on­der­soek.

“Die on­der­wy­ser het toe­stem­ming van die de­par­te­ments­hoof (by die skool) ge­kry en die skool­hoof was ook be­wus van die vraag in die toets.”

Lesufi sê dié “kon­teks” het in die voor­lo­pi­ge on­der­soek daar­op ge­dui dat daar geen kwaad­wil­li­ge be­doe­lings was nie.

In die spot­prent deur Za­pi­ro is Zu­ma in ’n swem­broek op ’n op­blaas­ma­tras ter­wyl hy met ’n dran­kie in die hand in ’n swem­bad vol geld dryf.

Leer­lin­ge is eers ge­vra om die man (Zu­ma) in die spot­prent te i­den­ti­fi­seer, waar­na hul­le ge­vra is of hul­le vir die man sal stem om pre­si­dent te wees en wat hul­le dink sy wer­ke­tiek is. Leer­lin­ge moes die spot­prent ge­bruik om hul ant­woor­de te staaf.

Lesufi maak die skool se naam op regs­ad­vies nie be­kend nie.

“Dit is ge­woon on­der­soe­ke­tiek. Ek sien geen re­de waar­om hul naam nie ge­noem kan word nie.

“(Maar) wan­neer men­se op die aan­de­le­beurs ge­no­teer is, is daar pro­ses­se wat ge­re­spek­teer moet word.

“Dít is die re­de. Maar as dit ’n o­pen­ba­re in­stel­ling was, sou ek dit (die naam) ge­noem het. Ek wil dit eint­lik in elk ge­val noem.

“Ek het niks om weg te steek deur nie die naam te noem nie. Dis oor die pro­ses­se dat ek aan­ge­raai is om dit nie be­kend te maak nie. “En ek het re­spek daar­voor.” Hy sê die skool is nog nie aan e­nig­iets skul­dig be­vind nie.

Die de­par­te­ment wil sko­le maan om ver­sig­tig te wees en nie per­soon­li­ke sie­nings op leer­lin­ge af te dwing nie, sê Lesufi.

“Dit gaan oor die ge­loof­waar­dig­heid van die as­ses­se­ring. Toe die skool­hoof om ver­sko­ning ge­vra het, het ons aan­vaar dat daar geen kwaad­wil­li­ge be­doe­lings was nie.”

Die spot­prent wat in die vra­e­stel ver­skyn het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.