S­tro­pers skiet in wild­tuin op veld­wag­ters in he­li

Beeld - - Nuus - – E­li­se Tem­pel­hoff

S­tro­pers in die Kru­ger­wild­tuin het op veld­wag­ters ge­skiet wat in ’n he­li­kop­ter oor die na­tuur­re­ser­vaat ge­vlieg het.

Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê die stryd teen re­nos­ter­stro­pers neem nou “dras­tie­se af­me­tings” aan.

Lui­dens ’n ver­kla­ring deur die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke het veld­wag­ters, die po­li­sie se lug­vleu­el en K9-een­he­de eer­gis­ter drie keer in die sui­de­li­ke deel van die wild­tuin op ver­meen­de s­tro­pers af­ge­kom.

Die ver­meen­de s­tro­pers het vyf keer op die he­li­kop­ter ge­skiet, maar vin­ni­ge op­tre­de deur die span­le­de het ’n ka­ta­stro­fe voor­kom. Die he­li­kop­ter kon vei­lig land. Kort ná die lan­ding is vier ge­wa­pen­de mans wat ver­moe­de­lik s­tro­pers is, in heg­te­nis ge­neem. Hul­le het vuur­wa­pens, pa­tro­ne en strop i ng s toe­rus­ting by hul­le ge­had.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.