Tla­ku­la kan weer ver­na­me amp kry

Beeld - - Nuus - – L­le­wel­lyn P­rin­ce

Skaars twee jaar na­dat adv. Pan­sy Tla­ku­la weens ’n ten­der­skan­daal as voor­sit­ter van die On­af­hank­li­ke Ver­kie­sings­kom­mis­sie (OVK) be­dank het, is sy weer op pad na ’n be­lang­ri­ke re­ge­rings­pos.

Die ANC-meer­der­heid se aan­be­ve­ling om Tla­ku­la as hoof van die nuut ge­stig­te in­lig­tings re­gu­leer­der aan te stel, is gis­ter­aand uit­ge­stel, want daar was nie ge­noeg van sy LP’s in die par­le­ment om die no­di­ge ge­tal stem­me te kry nie.

Adv. G­lyn­nis B­rey­ten­bach, DA­woord­voer­der oor jus­ti­sie, het die uit­stel van Tla­ku­la se aan­stel­ling be­skryf as ’n oor­win­ning vir de­mo­kra­sie en op­po­si­sie­par­tye, “wat die ka­ping van ’n in­stel­ling wat (ge­stig is om) die per­soon­li­ke in­lig­ting van Suid-A­fri­ka­ners (te) be­skerm, af­ge­weer het”.

Tla­ku­la het in 2014 as OVK-voor­sit­ter be­dank na­dat die ver­kie­sings­hof be­vind het sy is nie ge­skik vir die pos nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.