‘Ge­lieg by Com­ra­des nie ge­duld’

Ver­dag­te at­le­te sal dop­ge­hou word

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Dur­ban. – Som­mi­ge hard­loop­klubs het die na­me van moont­li­ke be­drie­ërs aan die Com­ra­des-ver­e­ni­ging (CMA) ge­gee en dié at­le­te sal Son­dag met ’n a­rends­oog dop­ge­hou word.

Klubs land­wyd is be­kom­merd oor on­eer­li­ke at­le­te wat die wed­loop se beeld ska­de be­rok­ken, het Chris Fis­her, hoof­be­stuur­der van die Com­ra­des, gis­ter op ’n me­dia voor­lig­ting ses­sie hier ge­sê.

Dit het al ge­beur dat at­le­te nie die he­le pad hard­loop nie, met an­der at­le­te se nom­mers hard­loop of vals in­lig­ting ver­skaf.

So­wat 18 000 van die meer as 21 000 at­le­te wat vir die wed­loop in­ge­skryf het, sal waar­skyn­lik Son­dag­og­gend voor die stad­saal in Pie­ter­ma­ritz­burg weg­spring.

Die wed­loop word oor ’n af­stand van 89,2 km tot in Dur­ban ge­hard­loop.

Fis­her het ge­sê op ver­skeie plek­ke op die roe­te is e­lek­tro­nie­se mat­te waar­oor al die deel­ne­mers móét hard­loop.

Die skeids­reg­ters sal ook be­dag wees op ver­dag­te tye oor se­ke­re de­le langs die roe­te.

“Ons sal on­eer­lik­heid en on­spor­tie­we ge­drag nie duld nie,” het Fis­her ge­sê.

Dié wat uit­ge­vang word, kan vir tot twee jaar ge­skors word.

Die eer­ste man en vrou wat oor die eind­streep hard­loop, sal die eer­ste ont­van­gers van nu­we trofeë wees.

Dié trofeë is in die vorm van die staf van Her­mes, die G­riek­se god en bood­skap­per.

Die staf was vol­gens die mi­to­lo­gie ’n ge­skenk van die son­god A­pol­lo.

Die G­rie­ke het ge­glo die staf, twee in­een­ge­stren­gel­de slan­ge, bring ver­soe­ning en har­mo­nie waar daar on­e­nig­heid is.

C­heryl Winn, on­der­voor­sit­ter van die Com­ra­des-ver­e­ni­ging (CMA) en vrou­e­wen­ner van 1982, sal die trofeë aan die wen­ners oor­han­dig, want Ma­cdo­nald C­hitja, die voor­sit­ter, sal dan ie­wers op die lang­pad wees.

Hy neem vir die 18de keer deel.

Die eer­ste man en vrou kry elk ook ’n tjek van R400 000, of dub­bel so­veel as hul­le die on­der­skeie re­kords vir mans en vroue oor­tref.

Die CMA het gis­ter ver­skeie nu­wig­he­de vir dié tra­di­sie­ry­ke wed­loop be­kend ge­maak.

In die ver­le­de is ’n laas­te tap­toe vir 30 se­kon­des na­dat die af­sny­skoot om 17:30 ge­klap het, ge­speel.

Van Son­dag af sal die “First Call/Re­veil­le/Mor­ning Co­lours” speel so­dra die skoot met die weg­spring om 05:30 voor die stad­saal klap en die dui­sen­de at­le­te in die don­ker­te koers kry Dur­ban toe.

Kort voor die weg­spring sal die op­na­me van wy­le Max T­rim­born se hoen­der­haan wat kraai, steeds ge­speel word.

Die at­le­te sal die volks­lied en “S­hosho­lo­za” waar­skyn­lik weer spon­taan sing.

Com­ra­des-wen­ners­baad­jies sal Son­dag aan Jackie Me­kler, ’n vyf­ma­li­ge wen­ner tus­sen 1958 en 1968, Tom­my Ma­lo­ne, die wen­ner in 1966, en E­li­za­beth Ca­va­nagh, die eer­ste amp­te­li­ke vrou­e­wen­ner in 1975, oor­han­dig word.

Dié ge­bruik is ver­le­de jaar in­ge­stel. Gift Ke­le­he (mans) en Ca­ro­li­ne W­öst­mann (vroue) was die eer­ste ont­van­gers.

Ma­lo­ne sal die 50ste her­den­king van sy oor­win­ning vier deur die af­sny­skoot om 11:30 Son­dag vir die Wal­ly Ha­y­ward­me­dal­jes te skiet.

)

Dur­ban. – Vier jaar ge­le­de het Lud­wick Ma­ma­bo­lo die so­ge­naam­de af-Com­ra­des tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban ge­wen.

Twee jaar ge­le­de was hy die naas­wen­ner en van­jaar het hy in die Om die Dam- én Twee O­se­a­ne-wed­lo­pe goue me­dal­jes ver­o­wer.

In geen­een van dié wed­lo­pe het hy hard ge­hard­loop nie.

Daar­om moet Ma­ma­bo­lo nie Son­dag in van­jaar se Com­ra­des af­ge­skryf word nie. Hy het al vyf keer on­der die gou­e­me­dal­je-wen­ners ge­ëin­dig.

Die Ned­bank-at­leet sal boon­op wil ver­goed vir sy groot te­leur­stel­ling ver­le­de jaar in die op-wed­loop Pie­ter­ma­ritz­burg toe. Ma­ma­bo­lo kon weens ’n be­se­ring nie die wed­loop vol­tooi nie.

Hy is iemand wat nie ’n ge­brek aan self­ver­troue het nie en dit kan hom Son­dag goed te pas kom wan­neer din­ge be­gin moei­lik gaan en die pas haas­tig word.

Sy span­maat Clau­de Mos­hiy­wa, die 2013-wen­ner, was ver­le­de jaar ses­de en kan dalk net van­jaar sy se­wen­de goue me­dal­je in dié wed­loop los­hard­loop.

Ver­le­de jaar het die E­thi­o­pier Mo­ham­med Hu­sien twee­de ge­ëin­dig ná Gift Ke­le­he na­dat hy by Drum­mond, die half­pad­kerf, die voor­tou ge­neem en Ke­le­he hom eers by Ca­to Rid­ge in­ge­haal en ver­by ge­gaan het.

Mong­mu­sa Mt­hem­bu (Art­hur Ford), die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, is ’n slim hard­lo­per en het ’n goeie op­bou tot van­jaar se wed­loop ge­had. Hy was vier­de in die Zoe­loe­land-ma­ra­thon en 12de in die Twee O­se­a­ne.

Maxed E­li­te se Mn­ce­di­si Mk­hi­ze, wat in 2007 der­de was, is ook top-fiks en slag­ge­reed.

Hy het al ses goue me­dal­jes in die Com­ra­des ver­o­wer en van­jaar die Zoe­loe­land-ma­ra­thon ge­wen. Hy en Mn­ce­di­si sal baie aan­moe­di­ging langs die pad hê om­dat al­bei K­waZu­lu-Na­tal­lers is.

At­le­te uit Le­so­tho het die laas­te paar jaar uit­ste­kend in die Twee O­se­a­ne pres­teer en dit is se­ker net ’n kwes­sie van tyd dat hul­le ook goed be­gin doen in die Com­ra­des. Te­bo­ho Sel­lo het ver­le­de jaar sy eer­ste goue me­dal­je ge­wen, en kan weer so maak. Sy land­ge­noot Ma­bu­thi­le Le­bo­po het met sy vier­de plek in die Twee O­se­a­ne ge­wys hy kan ook ’n fak­tor wees.

Dan is daar na­tuur­lik die Zim­bab­wi­ërs S­te­phen Mu­z­hin­ge, ’n ra­tel­taai drie­ma­li­ge wen­ner, Mi­ke Fo­ko­ro­ni, van­jaar se Twee O­se­a­ne-wen­ner, Pro­di­gal K­hu­ma­lo en Mar­ko Mom­bo.

Ke­le­he en sy Tomtom-span­maats Da­vid Ga­te­be, Ga­o­lat­l­he Le­se­te­di, Pe­toro Ga­e­bet­se en La­tu­di Ma­ko­fa­ne, hoop om ’n me­dal­je in die spa­n­af­de­ling te ver­o­wer.

Ke­le­he wil die eer­ste SuidA­fri­ka­ner se­dert Bru­ce For­dy­ce in die 1980’s word om twee ag­ter­een­vol­gen­de Com­ra­des-ti­tels te ver­o­wer.

Fo­to: SA­REL VAN DER WALT

C­heryl Winn, on­der­voor­sit­ter van die CMA, met die nu­we tro­fee vir die Com­ra­des­wen­ners.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Lud­wick Ma­ma­bo­lo ty­dens die Com­ra­des­wed­loop van 2014.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.