Ak­tri­se ont­werp kle­re vir ma­gies

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Wys jou maag en “em­bra­ce jou gro­ter boobs”.

Zet­ske van P­let­zen, ak­tri­se en dees­dae ook ont­wer­per, sê nou­dat sy self swan­ger is, weet sy hoe dit voel om kraam­drag te soek en te suk­kel om iets te kry wat mooi pas, of iets wat dalk net ’n bie­tjie an­ders lyk as al die res.

Haar raad aan swan­ger vroue is om te wys jy gaan ma word.

“Wys ’n bie­tjie jou cle­a­va­ge,” sê sy lag­gend. “’n Mens is dalk net een of twee keer in jou le­we swan­ger, so moe­nie jou maag pro­beer weg­steek nie. Jy moet dit wys,” sê sy.

Van P­let­zen, dog­ter van Pier­re van P­let­zen en El­zet­te Maar­schalk, ver­wag ’n seun­tjie. Sy en Al­tus T­he­art is al vier jaar ge­troud en sy is so­wat vier maan­de swan­ger.

“Maar hy het nog nie ’n naam nie.”

Om­dat sy swan­ger is, weet sy meer oor swan­ger vroue se be­hoef­tes wan­neer dit by kle­re kom. Daar­om het sy ook nou aan ’n kle­re­reeks vir swan­ger vroue be­gin werk.

Van P­let­zen het so­wat twee jaar ge­le­de be­gin kle­re ont­werp: top­pies en rok­kies, reg vir ske­mer­kel­kies of ’n aand­jie uit. Nou is sy die een wat moet help as haar vrien­din­ne rok­ke vir glans­ge­leent­he­de no­dig het.

“Die kraam­drag is eint­lik iets wat ek nog al­tyd graag wou doen. Al my vrien­din­ne het al ba­bas. Ek het dus ge­hoor hoe hul­le kla dat hul­le nie mooi kraam­drag kan kry nie.

“Maar ek het nie da­de­lik in­ge­spring nie. Ek het ge­dink dit sal ’n bie­tjie sim­pel wees as ek nog nie self daar was nie; wie is ek nou om te sê ek is die eks­pert oor kraam­drag,” sê sy.

Toe sy en T­he­art die nuus oor hul bon­del­tjie vreug­de hoor, het sy som­mer da­de­lik in­ge­spring. Vroue kan bin­ne­kort kle­re van die ru­we reeks, ge­naamd Ha­lo, be­stel.

Van P­let­zen, wat on­langs in Bloed­broers, die De­on Op­per­man-reeks, te sien was, sê sy be­gin al­tyd eers deur te kyk wat­ter lap tot haar be­skik­king is, dan skets sy haar i­dees.

Daar­na sal ’n pa­troon­ma­ker vir haar die pa­troon sny. Haar rok­ke word in ’n fa­briek in Jo­han­nes­burg ge­maak.

“My ma het my al ge­leer om naald­werk te doen, maar ek het nie die ge­duld nie,” lag sy.

“So ek vat dit lie­wer fa­briek toe.”

Sy sê sy het met die reeks pro­beer om kle­re te maak wat ook ná swan­ger­skap ge­dra kan word.

Fo­to: MARY­ANN PALMER

Zet­ske van P­let­zen met ’n i­tem uit haar reeks kle­re vir swan­ger vroue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.