Koe­ël mis vrou, tref buur­kind

Ma kry haar dood in bed, hoor hof

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Nie­mand het be­sef die skoot wat ’n man glo op sy vrou af­ge­vuur het, het die bu­re se sla­pen­de kind aan die an­der kant van die muur ge­tref nie.

Alphe­us Te­fu het vroe­ër in tra­ne in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria ge­tuig sy vrou, Jos­ti­na, wou die se­we­ja­ri­ge Nt­ha­bi­seng op 8 Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar vir skool wak­ker maak.

Toe sien sy die bloed en koe­ël­gat ag­ter­in hul dog­ter se kop.

Sy vrou en hul ou­er seun kry steeds be­ra­ding ná die voor­val.

Die Te­fu-ge­sin se buur­man, Frans Ka­ny­a­ne (54), het skuld op aan­klag­te van moord op Nt­ha­bi­seng en po­ging tot moord op sy vrou, Lis­beth Se­pog­wa­ne, ont­ken.

Hy het gis­ter ge­tuig hy en sy vrou het die aand van 7 Ja­nua- rie ver­le­de jaar ba­klei.

“My vrou het in ’n an­der ka­mer gaan slaap. Ek het om­streeks 03:15 op die 8ste wak­ker ge­word en na haar ge­gaan om te praat. Sy het haar skoe­ne aan­ge­trek en uit die huis ge­loop.

“Ek is ag­ter­na, want dit was don­ker en ek wou haar nie al­leen laat loop nie. Ek wou haar smeek om te­rug te kom.”

Daar­om het hy glo ook sy vuur­wa­pen saam­ge­vat.

Vol­gens hom was sy vrou ge­klee.

Se­pog­wa­ne het vroe­ër ge­tuig sy was so be­angs dat sy son­der kle­re aan haar bo­lyf uit die huis ge­vlug het. Sy is na die Te­fu-eg­paar se huis.

Ook hul­le het ge­tuig Se­pog­wa­ne se bo­lyf was kaal.

Toe Ka­ny­a­ne aan­klop, is hy in­ge­laat en die Te­fu’s het hom en sy vrou al­leen ge­laat.

Vol­gens Ka­ny­a­ne het sy vrou ge­wei­er om huis toe te kom.

“Ek het op­ge­staan en my pis­tool uit­ge­haal. My vrou het op­ge­spring en dit ge­gryp. Toe gaan ’n skoot af,” het hy ge­tuig.

Se­pog­wa­ne se weer­ga­we was dat haar man haar daar­die aand ’n “loo­se pan­ty” ge­noem het. Hy het iets ge­sê van dat dit hul “laas­te dag” sal wees.

We­ten­de dat hy ’n vuur­wa­pen het, het sy bang ge­raak en net half ge­klee uit die huis ge­vlug. By die bu­re het sy ge­wei­er om saam met Ka­ny­a­ne te­rug te keer huis toe. Sy wou na die po­li­sie gaan.

Jos­ti­na is in­tus­sen na haar ka­mer. Vol­gens Se­pog­wa­ne het Ka­ny­a­ne Alphe­us om ’n pen ge­vra. Toe die buur­man uit­loop om dit te kry, het die skoot af­ge­gaan. Die skoot het Se­pog­wa­ne ra­ke­lings ge­mis.

Sy het uit die buur­huis ge­vlug met haar ge­wa­pen­de man ag­ter­na. Die Te­fu’s het ook ag­ter­na ge­hard­loop.

Die buur­man het Ka­ny­a­ne ont­wa­pen en Jos­ti­na is te­rug na haar huis.

Sy moes haar dog­ter­tjie gaan wak­ker maak vir skool, het die hof ge­hoor.

Nt­ha­bi­seng was steeds in haar bed. Haar ma het ge­sien haar neus bloei. Haar kind wou nie wak­ker word nie.

Dit was toe dat die ma die bloed aan die ag­ter­kant van Nt­ha­bi­seng se kop sien.

Sy is na be­we­ring ge­tref deur die koe­ël wat Se­pog­wa­ne ge­mis het.

Die hof­ver­rig­tin­ge word la­ter her­vat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.