‘Lang tronk­straf nie bes­te op­sie’ ná sy kerke be­drieg

Beeld - - Nuus - Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

’n Jong vrou wat kerke uit der­dui­sen­de ran­de be­drieg het, kom ma­ni­pu­le­rend voor en kan by siel­kun­di­ge hulp en be­ra­ding baat vind.

’n Op­ge­skor­te von­nis is ’n op­sie, maar sy be­veel kor­rek­tie­we toe­sig aan, het die kri­mi­no­loog An­na van der Ho­ven gis­ter in die land­dros­hof in Roo­de­poort in von­nis­be­toë aan­ge­voer.

Le­o­ne S­teyn (23) het vroe­ër skuld be­ken op aan­klag­te van be­drog.

Se­dert 2010, toe sy 17 jaar oud was, het sy kerke en hul lid­ma­te uit so­wat R290 000 kon­tant en on­der meer kle­re en kos van R300 000 be­drieg.

Sy sal Maan­dag ge­von­nis word.

Qu­en­tin van Huÿs­steen, S­teyn se regs­ver­teen­woor­di­ger, het ge­sê lang tronk­straf sal nie die bes­te vorm van re­ha­bi­li­ta­sie vir sy kli­ënt wees nie.

Vol­gens hom kry S­teyn be­han­de­ling vir haar dwelm­pro­bleem en het sy by haar ma gaan woon so­dat sy geld sou hê om R270 000 van die ge­steel­de geld te­rug te be­taal.

Sy sal R4 500 per maand oor 60 maan­de te­rug­be­taal.

“As sy tronk­straf kry, sal sy nie kan werk nie en dus nie die geld kan te­rug­be­taal nie. Tronk­straf sal dus nie die bes­te op­sie wees nie.”

Die staat het ge­sê hy sal nie teen kor­rek­tie­we toe­sig ge­kant wees nie, maar S­teyn moe­nie in die straf­tyd­perk op so­si­a­le me­dia of die in­ter­net toe­ge­laat word nie. Weens haar be­rou vra die staat nie vir tronk­straf nie.

S­teyn het op die aan­lyn-be­ra­dings­diens Mo­bieG tra­gie­se ver­ha­le ver­tel waar­mee sy sim­pa­tie by die be­ra­ders ge­wek het.

Sy het min­stens 55 vals kin­der­pro­fie­le daar­voor ge­skep.

Mo­bieG het die NG kerk Qu­el­le­ri­na se lid­ma­te ge­vra vir sken­kings en an­der kerke is glo ook be­trek.

S­teyn het men­se oor­tuig dat die kin­ders in ’n ge­hei­me plek ge­hou word na­dat hul­le van ’n sa­ta­nie­se por­no­gra­fie­net­werk ge­red is.

S­te­phnie Crou­se, uit­voe­ren­de di­rek­teur van Mo­bieG, het gis­ter aan Beeld ge­sê sy is steeds ge­skok oor die trau­ma­tie­se sto­ries wat S­teyn ver­tel het.

Sy het be­ra­ders laat glo dat kin­ders self­moord ge­pleeg het en seer­ge­maak en ver­krag is en dat hul­le erg ge­trau­ma­ti­seer is.

Daar­by het Mo­bieG sken­kers ver­loor weens S­teyn se be­drog.

“Soms won­der ’n mens hoe iemand an­der so iets kan doen, maar as jy ’n kind van die He­re is, ver­ge­we jy men­se. Ek was seer­ge­maak en ge­skok, maar ek wil nie hê sy moet haar he­le le­we in die tronk sit nie,” het Crou­se ge­sê. “Ek het haar ver­ge­we. Sy moet uit haar fout leer en hulp kry.”

Fo­to: MARY­ANN PALMER

Le­o­ne S­teyn, wat be­ken het sy het kerke uit dui­sen­de ran­de be­drieg, gis­ter in die land­dros­hof in Roo­de­poort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.