On­nie storm vrees­loos op ro­wer af by skool in Rus­ten­burg

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

La­e­ti­cia Bo­tha het haar klas by die Ho­ër­skool G­rens­wag in Rus­ten­burg gis­ter­og­gend soos ’n leeu­wy­fie teen ’n ge­wa­pen­de ro­wer be­skerm.

Sy het vrees­loos op die ro­wer af­ge­storm ter­wyl hy drie van haar leer­lin­ge met ’n re­wol­wer aan­ge­hou het en vir hom ge­skreeu: “Le­a­ve them al­o­ne!”

Die ro­wer het die twee mei­sies en ’n seun toe laat gaan, sy aan­dag op Bo­tha ge­ves­tig en ’n skoot af­ge­vuur.

Ter­wyl hy deur die skool­gan- ge ge­vlug het, het hy wild s­ko­te af­ge­vuur.

“Ons is nie se­ker of hy haar pro­beer skiet of net in die lug ge­skiet het nie,” het Annemarie Vor­ster, A­fri­kaans-on­der­wy­se­res aan die skool, gis­ter­aand ge­sê.

Vor­ster se klas­ka­mer is reg by die plek op die sport­ter­rein waar die dra­ma om­streeks 09:15 af­ge­speel het.

Bo­tha was ná die dag se ge­beu­re te uit­ge­put om self met Beeld te praat, het Vor­ster ge­sê.

Vol­gens haar het die ro­wer oor ’n hei­ning in die skool­ter- rein ge­spring. Bo­tha, wat lig­gaam­li­ke op­voe­ding gee, was op die sport­ter­rein be­sig met ’n klas.

Die kin­ders was in twee groe­pe van so­wat tien elk ver­deel.

“Die ro­wer het op een van die groe­pe af­ge­storm. Hy het die drie kin­ders met die re­wol­wer aan­ge­hou en ge­sê hul­le moet hul sel­fo­ne vir hom gee. Toe die kin­ders gil, het La­e­ti­cia die ro­wer be­storm. S­ko­te het ge­klap.”

Vor­ster sê van die mei­sies in Bo­tha se klas het by haar klas in­ge­storm. “Hul­le was ver­by bang en het net ge­sê: ‘Juf­frou, sluit die klas.’ ”

Van die an­der on­der­wy­sers wat die gil­le en s­ko­te ge­hoor het, het in­tus­sen ook hul klas­se ge­sluit om die kin­ders vei­lig te hou. Die ro­wer het self ge­skrik en deur die skool­gan­ge na vei­lig­heid pro­beer vlug.

“Hy het sy re­wol­wer op on­der­wy­sers ge­rig soos hul­le uit hul klas­se ge­storm het en wild en wak­ker s­ko­te in die lug ge­skiet,” sê Vor­ster.

“Hy het di­rek op een mans-on­der­wy­ser ge­skiet, maar ge­luk­kig ge­mis.

“Ons was al­mal daar­op ge­fo­kus om die kin­ders vei­lig en uit die sper­vuur te hou.”

Die ro­wer het weer oor ’n hei­ning uit die skool­ter­rein ont­snap en is steeds soek.

Al die kin­ders is na die skool­saal ge­neem toe dit se­ker was al­les is vei­lig. Vor­ster sê van die kin­ders en on­der­wy­sers was erg ge­trau­ma­ti­seer.

“Par­ty kin­ders het ge­huil. Hul­le het reeds by die skool be­ra­ding ge­kry en nood­be­han­de­ling vir skok.

“Die po­li­sie was baie gou op die to­neel na­dat van die kin­ders ty­dens die roof­tog skool­kan­toor toe ge­hard­loop het.”

Die kin­ders is vir die res van die dag huis toe ge­stuur, maar skool­be­dry­wig­he­de sal van­dag nor­maal­weg voort­gaan.

Vor­ster sê die skool kry gel­de­lik swaar. “Ons wou lank­al die hei­nings weens vei­lig­heids­re­des laat ver­hoog, maar ons suk­kel om bor­ge daar­voor te kry.”

La­e­ti­cia Bo­tha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.