Mei­sie dood­ge­skok: 1ste bur­ger vat blaam

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Po­lo­kwa­ne. – Die bur­ge­mees­ter van die stad aan­vaar “vol­le ver­ant­woor­de­lik­heid” vir die dood van ’n gr. 6-leer­ling wat by ’n bus­hal­te dood­ge­skok is.

Po­lo­kwa­ne Ob­ser­ver be­rig T­hem­bi N­ka­di­meng het Dins­dag op ’n rou­diens vir Mi­lis­wa Lux­an­de (12) by die Pie­ters­burg Com­pre­hen­si­ve S­chool ge­sê: “Ek is van­og­gend hier om vol­le ver­ant­woor­de­lik­heid te aan­vaar vir wat ge­beur het.”

Mi­lis­wa is ver­le­de Don­der­dag­mid­dag dood­ge­skok toe sy by ’n bus­hal­te in Gro­bler­straat op ’n bus huis toe ge­wag het.

Sy het aan ’n deel van die bus­hal­te ge­raak waar­heen e­lek­tri­si­teit ge­lei is.

N­ka­di­meng het op Mi­lis­wa se rou­diens ge­sê die mu­ni­si­pa­li­teit het ’n kon­trak­teur aan­ge­stel wat krag­kas­te by bus­hal­tes op­rig. Die kon­trak­teur se werk was glo nog nie klaar toe Mi­lis­wa dood is nie. E­lek­tri­si­teit na al die krag­kas­te is in­tus­sen af­ge­ska­kel en dit sal so bly ter­wyl ’n on­der­soek ge­doen word.

“On­der my lei­er­skap aan­vaar ek ver­ant­woor­de­lik­heid vir die on­ge­luk­ki­ge voor­val. In we­se het ek nie ge­noeg ge­doen om die jong le­we te spaar nie. Ek ver­bind my­self daar­toe om te ver­se­ker dat die no­di­ge vei­lig­heids­maat­re­ëls in­ge­stel sal word vir die mu­ni­si­pa­li­teit se pro­jek­te. Ek is op­reg jam­mer aan die fa­mi­lie en die ge­meen­skap,” het N­ka­di­meng ge­sê.

P­hoe­be Lux­an­de, Mi­lis­wa se ma, het aan Beeld ge­sê on­danks N­ka­di­meng se ver­sko­ning gaan hul­le voort met reg­stap­pe teen die mu­ni­si­pa­li­teit. “Die mu­ni­si­pa­li­teit moet boet vir wat ge­beur het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.