16­ja­ri­ge mei­sie in haar ou­er­huis in Be­no­ni ver­moor

Beeld - - Nuus - – Ren­eil­we Dhludhlu

Die lyk van ’n 16-ja­ri­ge mei­sie is met er­ge steek­won­de in haar bo­lyf in haar ou­er­huis in Ac­ton­vil­le, Be­no­ni, ge­vind.

’n Fa­mi­lie­lid het glo Dins­dag om­streeks 18:00 op Saa­d­i­qah Baccus se lyk af­ge­kom.

Sy het ook ’n sny­wond aan die keel ge­had. Sy het by haar ou­pa en neefs ge­woon.

Kapt. Ts­he­ki­so Mofo­keng, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, sê daar kan nie be­kend ge­maak word wie op Saa­d­i­qah se lyk af- ge­kom het nie om­dat dit die on­der­soek moont­lik sal be­lem­mer.

Mofo­keng het be­ves­tig dat die po­li­sie ’n lei­draad het en het ge­sê die po­li­sie hoop om die hoof­ver­dag­te teen Maan­dag te ar­res­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.