Xe­na is ’n reg­te veg­ter

Dank­sy moei­te een van min wat oor­leef

Beeld - - Nuus - Ca­ra­Lee Dorf­ling

Vars blou­bla­sies, jel­lie­vis­se en “ket­ting­ge­be­de” het ’n uit­ge­spoel­de leer­skil­pad in Port E­li­za­beth won­der bo won­der help oor­leef.

“Slegs een uit el­ke 1 000 leer­skil­paaie oor­leef van­dat hul­le vir re­ha­bi­li­ta­sie in­ge­bring word tot hul vry­la­ting,” sê Ruth W­rig­ht, ’n ku­ra­tor van die Ba­y­wor­ld-o­se­a­na­ri­um in die stad.

Dié veg­ter-skil­pad is na die TV-ka­rak­ter Xe­na War­ri­or P­rin­cess ge­noem. Vol­gens W­rig­ht is leer­skil­paaie erg be­dreig en is elk­een se oor­le­wing be­lang­rik.

“In die se­we jaar dat ek in o­se­a­na­ri­ums werk, het ek nog net twee sien oor­leef en dit sluit Xe­na in,” sê ’n op­ge­won­de W­rig­ht.

Xe­na is Maan­dag, op Wê­reld­skil­pad­dag – ná 40 dae in aan­hou­ding en re­ha­bi­li­ta­sie in Port E­li­za­beth se o­se­a­na­ri­um – in Dur­ban se war­mer see­wa­ter vry­ge­laat.

W­rig­ht ont­hou die eer­ste dag van die stryd om Xe­na te help oor­leef soos gis­ter.

“Ek moes Xe­na daar­die mid­dag (10 A­pril) in Ma­rie­ne­weg by Ruth W­rig­ht, ’n ku­ra­tor van die Ba­y­wor­ld­o­se­a­na­ri­um in Port E­li­za­beth, het ’n kri­tiek be­dreig­de leer­skil­pad help re­ha­bi­li­teer en hoop dat die klein ka­ret­skil­pad­jies waar­na sy om­sien ook suk­ses­vol vry­ge­laat kan word. ’n vrou gaan haal. Am­per al die paaie was vir die Ys­ter­man­by­een­koms ge­sluit. Toe ek Xe­na eers in my han­de het, het ek ge­weet ek wil al­les doen om haar te help oor­leef.”

Om­dat leer­skil­paaie se di­eet slegs uit blou­bla­sies en jel­lie­vis­se be­staan, het haar ver­sor­gers daag­liks na dié hap­pies ge­soek.

“Daar was dae dat ons ki­lo­me­ters langs die strand moes af­stap en dan met leë han­de te­rug­ge­kom het. An­der dae het ons weer ’n groot jel­lie­vis op­ge­tel wat vir ’n paar dae se voe­ding ge­sorg het.

“My ou­ers in Knys­na het ook ’n ket­ting­ge­beds­groep vir Xe­na se oor­le­wing be­gin en ek is se­ker dit het baie ge­help,” sê W­rig­ht.

Hoe­wel daar ge­noeg kos en ge­be­de vir Xe­na se oor­le­wing was, het W­rig­ht des­pe­raat ge­raak om haar so gou moont­lik weer in die see te kry.

“Xe­na is ver­le­de week deur ’n vee­arts on­der­soek. Toe die vee­arts sê al­les lyk goed, het ek haar vry­la­ting da­de­lik be­gin re­ël.”

Maan­dag het die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens ’n gra­tis vlieg­ge­leent­heid van Port E­li­za­beth na Dur­ban aan Xe­na ge­skenk, waar sy toe spoe­dig vry­ge­laat is.

In­tus­sen spook W­rig­ht om 16 uit­ge­spoel­de ka­ret­skil­paaie aan die le­we te hou. Hoe­wel hul­le ge­tal­le in aan­hou­ding heel­wat be­ter is, meen sy die soek­tog na ge­noeg vis­kos bly ’n uit­da­ging. “Ge­luk­kig is hul­le nie vol fie­mies nie en eet som­mer sar­dy­ne en gar­na­le.”

Vol­gens W­rig­ht word be­oog om die ka­ret­skil­paaie in Ja­nu­a­rie vry te laat.

Tus­sen baie spons en met pe­tro­le­um­jel­lie ge­smeer om haar teen uit­dro­ging te be­skerm, is Xe­na die leer­skil­pad Maan­dag per vlieg­tuig van Port E­li­za­beth na Dur­ban ge­neem en daar vry­ge­laat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.