Skil­lie spog met nu­we 3D­dop ná brand­won­de

Beeld - - Nuus - An­le­rie de Wet

F­red­dy (Kru­e­ger) het tot on­langs soos iets uit ’n nag­mer­rie ge­lyk.

’n Brand het 85% van haar dop be­ska­dig en toe die A­ni­mal A­ven­gers haar ver­le­de jaar in die af­ge­bran­de woud in Bra­si­lië vind, was sy ver­hon­ger en het long­ont­ste­king ge­had.

Na­dat die A­ni­mal A­ven­gers se vee­art­se, tand­arts en 3D-ont­wer­per haar on­der han­de ge­had het, lei sy weer ’n nor­ma­le le­we.

Dr. Pau­lo Mi­a­mo­to, die tand­arts, sê F­red­dy is die eer­ste skil­pad ter wê­reld met ’n 3D-dop. Ci­ce­ro Mo­ra­es, die 3D-ont­wer­per, het dit boon­op ge­druk van om­ge­wings­vrien­de­li­ke plas­tiek, wat van ver­werk­te mie­lies ge­maak is.

“Ons het baie mis­luk­kings ge- Fo­to’s: A­NI­MAL A­VEN­GERS had in ons po­gings om die skan­de­ring reg te kry, maar het dit uit­ein­de­lik met F­red­dy reg­ge­kry.”

Mi­a­mo­to sê Mo­ra­es het baie tyd be­stee aan die ont­werp en dit het min­stens 200 uur ge­neem om dit met ’n 3D-skan­deer­der te druk.

F­red­dy woon nou in die kli­niek van die A­ni­mal A­ven­gers se vee­arts-broers, drs. Mat­he­us en Ro­dri­go Ra­bel­lo, in Bra­silía, hoof­stad van Bra­si­lië.

“Sy vaar baie goed. Die pros­te­tie­se dop moet on­ge­luk­kig ge­reeld skoon­ge­maak en in stand ge­hou word en daar­om sal sy nie weer in die na­tuur vry­ge­laat kan word nie.”

Mi­a­mo­to sê F­red­dy sal, soos haar an­der skil­pad­vrien­de, ’n nor­ma­le le­we lei in ’n huis waar sy baie aan­dag kry.

Die A­ni­mal A­ven­gers­vry­wil­li­gers kyk of die 3D­ge­skan­deer­de de­le van die dop reg op F­red­dy pas.

F­red­dy kort na­dat 85% van haar dop weg­ge­brand is.

’n Kuns­te­naar het F­red­dy se nu­we dop ge­verf.

F­red­dy stap ’n ent­jie in haar nu­we dop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.