‘Ver­bran­ding sal aar­de ver­skroei’

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

As al die fos­siel­brand­stow­we (o­lie, gas en steen­kool) wat nog in die aard­kors op­ge­sluit is, ge­myn en ver­brand word, sal die aar­de en die le­we daar­op ver­skroei.

De­le van die aar­de sal on­be­woon­baar wees en die wê­reld­e­ko­no­mie sal ver­nie­tig word.

In die Noord­pool-streek, waar die tem­pe­ra­tuur met dub­bel die ge­mid­del­de styg, sal die kwik met tot 17 ° C styg, sê kli­maat­we­ten­skap­li­kes. Hul na­vor­sing is in die joer­naal Na­tu­re C­li­ma­te

ge­pu­bli­seer. Daar is na ra­ming nog so­wat 5 tril­joen ton on­ge­myn­de fos­siel­brand­stow­we in die aar­de en die ver­bran­ding daar­van sal die aar­de se tem­pe­ra­tuur na ver­wag­ting met by­na 10 ° C laat op­skiet, sê hul­le.

Be­leid­ma­kers pro­beer die sty­ging in die aar­de se tem­pe­ra­tuur tot min­der as 2 ° C be­perk. Die maat­staf is die aar­de se tem­pe­ra­tuur voor die ny­wer­heids­ont­wik­ke­ling in die laat 18de eeu.

Ka­tar­zyna To­kar­ska van die U­ni­ver­si­teit van Vic­to­ria in Ka­na­da en hoof­skry­wer het aan The Gu­ar­di­an ge­sê dit is nood­saak­lik om te weet wat gaan ge­beur as lei­ers niks doen om kli- maats­ver­an­de­ring te stuit nie.

“Al het ons nou die Pa­rys-kli­maat­oor­een­koms, het bit­ter min tot dus­ver ge­beur. Ons hoop hier­die (na­vor­sing) is ’n wek­roep.”

Vol­gens Na­sa was die aar­de se tem­pe­ra­tuur die af­ge­lo­pe se­we maan­de ge­mid­deld 1 ° C ho­ër as die ge­mid­del­de vir die 20ste eeu. Ver­le­de maand was die warm­ste A­pril in men­se­heu­ge­nis.

P­hys.org het gis­ter be­rig nie een van die Ver­e­nig­de Na­sies se kli­maat­stu­dies het tot dus­ver e­ni­ge pro­jek­sies ge­doen vir die ver­bran­ding van meer as 2 tril­joen ton fos­siel­brand­stow­we nie. “Dít op sig­self is ge­noeg om groot de­le van die aar­de on­be­woon­baar te maak.”

The C­li­ma­te Re­a­li­ty Pro­ject het gis­ter op sy web­werf daar­op ge­wys dit is van­jaar tien jaar se­dert die rol­prent An In­con­ve­nient Truth men­se op die voor­punt van hul te­a­ter­stoe­le laat sit het.

“Baie het in dié de­ka­de ge­beur.”

In Ju­lie 2006 was die kon­sen­tra­sie kool­stof­di­ok­sied (CO2) in die at­mos­feer 382 deel­tjies per mil­joen (dpm). In A­pril van­jaar was dit 404 dpm.

Die ge­bruik en in­stal­le­ring van son­pa­ne­le het met 6 800% toe­ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.