‘Pta kan duur­ste stad word’

Beeld - - Nuus - Re­tha Fou­rie

P­re­to­ria kan nog die duur­ste stad in die land word met die ta­rief­ver­ho­gings wat K­go­sient­so Ra­mokg­o­pa, uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van Tshwa­ne, gis­ter aan­ge­kon­dig het, meen die DA.

Ra­mokg­o­pa meen die ta­rief­ver­ho­gings wat hy in sy 2016-’17-be­gro­tings­re­de aan­ge­kon­dig het, stem oor­een met dié van an­der me­tro­po­le in die land.

Wa­ter en sa­ni­ta­sie­diens­te gaan 12% meer kos, ei­en­doms­be­las­ting 10% meer en e­lek­tri­si­teit 9,5% meer.

Be­hoef­ti­ge huis­hou­dings word steeds kwyt­ge­skeld van ei­en­doms­be­las­ting en die be­ta­ling vir vul­lis­ver­wy­de­ring.

El­ke huis­hou­ding sal by­stand van net meer as R650 per maand ont­vang. R849 mil­joen is daar­voor be­groot.

Tshwa­ne het ’n be­gro­ting van R30 mil­jard.

Lex Mid­del­berg, die DA se woord­voer­der oor fi­nan­sies in die me­tro, sê teen die koers van 10% waar­mee Pretorianers se be­las­ting­las jaar­liks groei, het dit in Ra­mokg­o­pa se ter- myn met 70% toe­ge­neem.

“Jaar ná jaar val be­las­ting­be­ta­lers wat dit nie kan be­kos­tig nie uit die be­ta­ling­si­klus, wat mee­bring dat dié wat wel be­taal, ’n gro­ter deel van die stad moet on­der­hou – ’n heel­te­mal on­vol­hou­ba­re pa­troon.

“Dit gaan Tshwa­ne een van die dae een van die duur­ste ste­de maak om in te woon.”

Die me­tro be­groot vir ’n sur­plus van R1,9 mil­jard en daar word ver­wag dat die in­kom­ste in die vol­gen­de si­klus van drie jaar met 34% tot R96 mil­jard sal groei, het Ra­mokg­o­pa ge­sê.

Die me­tro se to­ta­le uit­ga­wes die af­ge­lo­pe drie jaar was R73,9 mil­jard en sy be­dryfs­uit­ga­wes word op na­ge­noeg R90,5 mil­jard ge­raam.

R1,5 mil­jard sal aan her­stel­werk en die in­stand­hou­ding van in­fra­struk­tuur, soos paaie, wa­ter en e­lek­tri­si­teit, be­stee word.

Van­weë die me­tro se ver­bin­te­nis tot die Tshwi-Fi-pro­jek, wat van Tshwa­ne die stad in A­fri­ka met die groot­ste WiFi-net­werk sal maak, sal daar van­jaar R100 mil­joen in die pro­jek be­lê word.

Die be­gro­tings­de­bat word Maan­dag ge­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.