JZ, luis­ter jy na jou­self?

B­rie­we

Beeld - - Kommentaar - Jan­nie Pel­ser van Kru­gers­dorp skryf:

My vriend Tem­be­ni Jo­ni (30) woon in Mun­sie­vil­le. Hy het ma­triek, mooi ga­wes en is op­reg en eer­lik. Hy het ’n lief­li­ke aan­voe­ling vir die kuns­te en het van jongs af ge­droom om die ver­hoog sy loop­baan te maak.

Sy pas­sie is om jong men­se van Mun­sie­vil­le in hul soe­ke na be­te­ke­nis en te mid­de van baie on­se­ker­heid te help. Hy leer hul­le sing, dans en to­neel­speel. Hul­le oe­fen vyf dae ’n week na­mid­dag in ’n ge­meen­skap­saal.

Tem­be­ni het al ver­skeie pry­se los­ge­slaan, on­der meer as re­gis­seur en draai­boek­skry­wer en sy groep, Black C­hild T­he­a­t­re Pro­ducti­on, het reeds by twee ge­leent­he­de by die kuns­te­fees in Gra­ham­stad op­ge­tree.

Tem­be­ni is ge­troud en hul­le het ’n prag­ti­ge dog­ter­tjie.

Mnr. Zu­ma, Tem­be­ni woon in ’n en­kel­ver­trek­sink­huis waar­van die af­me­tings skaars 5 m x 3 m is. Daar is ’n bed, kas en an­der stuk­kies meu­ble­ment. Daar is een bui­te­toi­let wat deur al­mal op die per­seel ge­bruik word. Per­soon­li­ke hi­gi­ë­ne ge­skied rond­om ’n ge­meen­skap­li­ke bui­te­kraan. Die wa­ter kom koud uit die kraan.

Daar is geen strui­ke op die grond nie, net die bruin aar­de. Die pad voor die huis is vol ga­te. Met sy ka­ri­ge in­kom­ste ver­sorg hy agt men­se, on­der an­de­re sy siek­li­ke pa. Hy loop meest­al na waar hy moet op­daag.

Tem­be­ni kla nie. Nee, dis ek wat in op­stand is. Ek lees van die by­kans R9 mil­joen wat aan mo­tors vir u vroue be­stee is, van stra­lers en N­kand­la. Ek stik el­ke keer as ek hoor en lees hoe mi­nis­ters geld ver­mors.

Ek dink aan u voor­drag in die par­le­ment dat daar sis­te­mie­se fout is by ons men­se en dat a­part­heid daar­voor al die skuld moet dra. Dit is glo waar die op­stand en ge­weld van­daan kom.

Dit mag ge­deel­te­lik waar wees, maar ho­pe­loos­heid laat men­se geen keu­se as om u en u re­ge­ring se aan­dag op, ja, on­ver­ant­woor­de­li­ke, maar des­pe­ra­te wy­ses te pro­beer trek nie.

Die skuld vir ons wor­ste­ling in SA kan lank­al nie meer net op ons be­treu­rens­waar­di­ge ver­le­de ge­pak word nie. Ons treur daar­oor, dis waar­om ons op 11 Ju­nie So­we­to toe gaan om saam nuut te be­gin.

U en u ka­ders moet die fei­te in die oë kyk. U ge­dra u skan­de­lik en on­be­taam­lik. U sê die ge­skie­de­nis gaan men­se oor­deel wat sko­le en u­ni­ver­si­tei­te af­brand. Mnr. die pre­si­dent, luis­ter u hoe­ge­naamd na u­self?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.