ANC moet ver­ant­woor­de­lik­heid neem

Beeld - - Kommentaar - Cas van P­re­to­ria skryf:

Ons hoor daag­liks van mil­jar­de ran­de wat ge­steel word of op on­be­nul­lig­he­de ver­mors word. Die nuus word oor­heers deur be­to­gings en sta­kings wat met brand­stig­ting en soms ook met moord ge­paard­gaan. Po­li­sie­le­de en boe­re word op groot skaal ver­moor.

Die ANC-re­ge­ring swyg hier­oor as­of hy dit stil­swy­end goed­keur of bang is hy ver­loor stem­me in­dien hy sou op­tree.

’n Mens hoor sel­de of iemand ver­volg en skul­dig be­vind is. Die sa­ke teen die­sul­kes word eer­der te­rug­ge­trek. Ver­der word haat teen­oor wit men­se aan­ge­blaas deur te sê wit men- se het al­les ge­steel, ter­wyl die naas­te swart mens aan die Kaap meer as 1 500 km weg was toe Van Rie­beeck ge­land het.

Wit men­se is min­der as 10% van die be­vol­king en dit sluit pas­ge­bo­re ba­bas en stok­ou men­se in. Daar word SEB­wet­te ge­maak wat tot ge­volg het dat maat­skap­pye in wit be­sit ver­sig­tig is om uit te brei en nu­we werk te skep.

Die vraag wat nou by mens op­kom, is wan­neer gaan die re­ge­ring ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar vir werk­skep­ping en die ver­ant­woor­de­li­ke be­stuur van die land en mu­ni­si­pa­li­tei­te?

Die mil­jar­de ran­de wat in vlam­me op­gaan, ge­steel word of bloot ver­mors word, kan ge­bruik word vir werk­skep­ping, be­hui­sing en goeie ad­mi­nis­tra­sie. El­ke mens in die land is ’n be­las­ting­be­ta­ler, al be­taal hul­le net koop­be­las­ting. Die ge­boue en voer­tuie wat so ge­brand word, be­hoort aan al­mal.

Waar­om maak die re­ge­ring nie hul kie­sers daar­op at­tent dat hul­le hul­self be­na­deel nie? Want daar­die geld wat ver­mors word, kan tot hul voor­deel aan­ge­wend word.

Hul­le moet op­hou om ag­ter­oor te sit en dit van die min­der as 10% wit men­se te ver­wag om dit te doen.

Hul­le moet nou be­gin be­sef dat a­part­heid 22 jaar ge­le­de af­ge­skaf is en hul­le nou aan die be­wind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.