Dit lyk of Trump skoon­skip by stem­bus gaan maak

Beeld - - Kommentaar - Lou­is Wil­se­nach van Mul­ders­drift skryf: Do­nald Trump

Ek ver­staan nie Beeld se hou­ding en ver­slag­ge­wing oor die Re­pu­bli­kein­se kan­di­daat Do­nald Trump nie.

Jul­le plaas die goor­ste fo­to’s wat jul­le kan vind van die man.

Jul ar­ti­kels maak hom af as ’n reg­te aap­stert.

Dink jul­le nou werk­lik­waar dat Trump ’n bob­be­jaan is? Want hy gaan die VSA se vol­gen­de pre­si­dent wees!

Ek ver­staan die li­be­ra­le me­dia in die VSA veg dat hul­le bars teen Trump, want hul­le wil Hil­la­ry C­lin­ton as pre­si­dent hê om hul “man” O­ba­ma op te volg. Ei­na!

Maar ek kan nie mooi ag­ter­kom hoe­kom Beeld se joer­na­lis­te Trump so af­maak nie. Vir my klink dit hy praat die taal wat die ge­wo­ne A­me­ri­ka­ner ver­staan.

Dit lyk vir my hy is op pad om skoon­skip te maak van hier- die in­te­res­san­te ver­kie­sing.

Trump is ge­wild om­dat die A­me­ri­ka­ners goed keel­vol is vir hul ou klomp po­li­tiek kor­rek­te en kor­rup­te po­li­ti­ci, want dié klomp maak nie hond haar­af nie.

Beeld blaf saam. Ek dink jul­le on­der­skat Do­nald heel­te­mal!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.