Ver­kluis­ter in ’n vir­tu­e­le tuis­land

Prof. Li­zet­te Ra­be se ar­ti­kel gis­ter, “Bloed kleef nog aan taal”, is ’n ty­di­ge en so­ber in­greep op die stot­te­ren­de de­bat oor die toe­koms van A­fri­kaans, skryf An­dré le Roux.

Beeld - - Middelblad - Le Roux is ’n kom­men­ta­tor.

A­fri­kaans het op 16 Ju­nie 1976 in So­we­to sy groot­ste nek­slag be­leef. Die erg­ste is dat dit self toe­ge­dien is.

Ter­wyl So­we­to ge­brand en meer as 180 swart kin­ders in die naam van A­fri­kaans ge­sterf het, het die twee­de daad van self­leed ge­kom. Dié keer teen me­de-A­fri­kaans­spre­ken­des. Die E­ri­ka T­heron-kom­mis­sie se ver­slag op 18 Ju­nie 1976 was die eer­ste werk­li­ke ver­oor­de­ling van a­part­heid van­uit die wit A­fri­ka­ne­re­sta­blishment.

Die Vor­ster-be­wind het haar ver­ma­nings teen die ver­de­re dis­kri­mi­na­sie teen bruin men­se in die po­li­tie­ke as­blik ge­gooi.

Dit is van­dag ge­skie­de­nis dat T­heron se hoof­aan­be­ve­lings, dat die On­tug­wet, die Groeps­ge­bie­de­wet en die Wet op Ge­meng­de Hu­we­li­ke ge­skrap word, eers ne­ge jaar la­ter uit daar­die as­blik op­ge­diep is.

Dit het net ge­beur toe die NP-re­ge­ring self nie meer die stank van Suid-A­fri­ka se muis­hond­sta­tus kon ver­duur nie.

Die On­tug­wet en die Wet op Ge­meng­de Hu­we­li­ke is eers in 1985 ge­skrap, en het ’n on­oor­brug­ba­re en daar­om bly­wen­de kloof in die A­fri­ka­ner-po­li­tiek ge­laat.

Die Groeps­ge­bie­de­wet is eers in 1993, ’n jaar voor die “Nu­we Suid-A­fri­ka”, fi­naal van die wet­boek ver­wy­der.

On­der die land se mag­heb­ben­de swart meer­der­heid sal 16 Ju­nie 1976 al­tyd deur die oor­le­wen­des ont­hou word as die “aan­slag van A­fri­kaans” op swart Suid-A­fri­ka.

Daar­die swart 1976-ge­slag re­geer Suid-A­fri­ka van­dag. Hul kin­ders en klein­kin­ders se “aan­slag teen A­fri­kaans” op kam­pus­se bly ge­an­ker in So­we­to van 1976.

Dit laat e­ni­ge de­bat oor die be­houd van A­fri­kaans in ’n be­nar­de po­si­sie. Daar­die de­bat vind, selfs in A­fri­ka­ner­dom, in ’n po­li­tie­ke lug­leeg­te plaas. Nie­mand bui­te daar­die lug­leeg­te steur hul­le daar­aan nie.

In die kon­teks van Suid-A­fri­ka se groot kri­sis­se is A­fri­kaans (in joer­na­lis­tie­ke taal) ’n non-sto­ry.

Die ver­stom­men­de hier­van is die on­vol­groei­de, groot­liks wit ge­twis oor ba­sie­se kon­sep­te: A­fri­ka­ner vs. A­fri­kaan­se vs. A­fri­kaans­pra­ter vs. bruin vs. swart vs. kon­ser­wa­tief vs. li­be­raal vs. ja-stem­mer vs. nee-stem­mer . . .

Dat A­fri­kaans steeds nie ’n om­vat­ten­de woord of be­grip het om die kol­lek­tief van sy eer­ste­taal-pra­ters ’n naam te gee nie, is juis sy be­staans­kri­sis.

Daar­son­der laat ons toe dat an­der hoon­e­ti­ket­te – soos “a­part­heid”, “ras­sis”, “baas”, “mie­sies” – op ons bly plak.

Ek het as joer­na­lis ver­slag moes doen oor die laat ja­re van die Nat vs. Sap-mod­der­gooi­e­ry, die “ver­lig”- en “ver­kramp”-smeer­kwas­te, die kom en gaan van die Her­stig­te Na­si­o­na­le Par­ty, He­len Suz­man en Van Zyl Slab­bert se Progs, die NP/KP-skeu­ring, die bit­ter “Net vir Blan­kes”-re­fe­ren­dum van 1983, die AWB se Ma­fi­keng-fi­as­ko en wat se­dert­dien bin­ne die mid­del­punt­vlie­den­de wit A­fri­ka­ner­skap daar­op ge­volg het.

Wie ’n wa­re A­fri­ka­ner was, wie nie en wie be­sluit, was die grond­slag van al die des­tyd­se ge­skree oor die vloer van die Volks­raad.

A­fri­kaans bly in 2016 steeds vas­ge­vang in sy eie i­den­ti­teit s maal­kolk.

Die 2011-sen­sus en pro­jek­sies se­dert­dien dui daar op­dat daar 2,8 mil­joen wit A­fri­kaans­spre­ken­des( uit’ n wit be­vol­king van 4,5 mil­joen) in die land is. Van hul­le is na­ge­noeg 2,2 mil­joen stem­ge­reg­tig.

Net meer as 165 000 kie­sers het in vo­ri­ge ver­kie­sings vir die VF+ ge­stem. Dié kie­sers oor­vleu­el waar­skyn­lik met die le­de­tal­le van A­fri­ka­ner in­stel­lings soos Afr i Fo­rum wat vol­gens hul web­werf“streef” na 200000 le­de, ter­wyl So­li­da­ri­teit sê hy het“na­ge­noeg ”140000 le­de. Dit is min­der as 10% van stem­ge­reg­tig­de wit A­fri­ka­ners. Waar is die an­der 2 mil­joen vol­was­se A­fri­ka­ners?

Dit is be­sorg­de A­fri­ka­ners se goeie reg om aan te sluit by self­bou-or­ga­ni­sa­sies soos A­friForum en So­li­da­ri­teit, wat dui­de­lik groot en op­bou­en­de werk doen vir hul le­de. Daar­voor ver­dien hul­le al­le lof en be­grip.

Dis eg­ter nie daar­die in­stel­lings se goeie reg om hul­le aan te ma­tig as die stem van die meer­der­heid A­fri­ka­ners nie. So ’n man­daat kan net by die stem­bus ver­kry word. Daar wil hul­le dit nie waag nie.

Hul kos­me­tie­se po­li­tiek – soos om toe­sig te hou oor swart wer­kers wat hul slag­ga­te vul, en om dom­a­strant A­fri­kaan­se kos­hui­se vir Tuk­kies te wil bou – red nie A­fri­kaans nie. Dit plak eer­der ’n tei­ken­skyf op die bors van die A­fri­ka­ner én sy taal.

A­fri­kaans ver­loor ook sy kri­tie­ke mas­sa, ’n reg­streek­se ge­volg van sy mags­ver­lies in 1994. Van sa­me­ho­rig­heid nie eens ge­praat nie. Nie­mand put e­ni­ge be­hae daar­uit nie:

) Die ou kon­ven­si­o­ne­le A­fri­kaan­se kerke loop leeg weens de­bat­te oor gays en Bel­har.

) A­fri­kaan­se kuns­te­fees­te word af­ge­skaf of ver­klein. ) En­gels is die werk­vloer­taal. ) Met uit­son­de­ring van A­fri­kaans as vak­taal is En­gels al de­ka­des die de fac­to- a­ka­de­mie­se taal aan al­le ter­si­ê­re in­rig­tings.

) A­fri­kaan­se koe­ran­te en tyd­skrif­te se ver­koop­sy­fers is die laag­ste wat dit in twee de­ka­des was.

) A­fri­kaan­se TV-ka­na­le, ra­di­o­sta­sies en web­wer­we sal, tot A­fri­kaans se nood­lot­ti­ge ska­de, ban­krot speel as hul­le hul toe­spits op een seg­ment van 200 000 A­fri­ka­ners.

A­fri­kaans as taal, die A­fri­kaan­se koe­rant, die A­fri­kaan­se tyd­skrif, ra­di­o­sta­sie, TV-ka­naal en web­werf oor­leef van­dag juis om­dat daar meer as 2 mil­joen wit A­fri­kaans­spre­ken­des is wat hul­le nie wil ver­kluis­ter in die een of an­der vir­tu­e­le tuis­land nie.

Ons leef in en pas aan by die werk­lik­heid van Suid-A­fri­ka ná a­part­heid – een waar A­fri­kaans as taal ge­ly­ke grond­wet­li­ke be­sker­ming ge­niet, maar nie ter uit­slui­ting van die tien an­der ta­le nie.

Ons “bou” vir ons­self hier ’n toe­koms deur­dat ver­re­weg die mees­te A­fri­ka­ners hul­le die af­ge­lo­pe 20 jaar al met self­ver­troue bin­ne die breë Suid-A­fri­kaan­se sa­me­le­wing laat geld.

Ons slaan son­der weer­wil en ge­mak­lik oor na En­gels ter wil­le van doel­tref­fen­de kom­mu­ni­ka­sie met me­de­land­ge­no­te.

Meer as 2 mil­joen A­fri­kaans­ta­li­ges doen dit in die we­te dat ons saam met die an­der 55 mil­joen Suid-A­fri­ka­ners nie die al­leen­slag­of­fers is van staats­ver­val, mis­daad, kor­rup­sie en ne­po­tis­me nie.

Ons be­oe­fen eg­ter ook ons vry­he­de van spraak en be­we­ging juis on­der be­sker­ming van die Grond­wet.

Ak­ti­vis­me vir die be­sker­ming en be­houd van A­fri­kaans vind plaas bin­ne daar­die vry­he­de wat die po­li­tie­ke skik­king tus­sen wit en swart se­dert 1994 waar­borg.

Dit geld A­friForum, So­li­da­ri­teit en P­re­to­ria FM ook, al laat hul­le hul “taal­stryd” soos ’n oor­logs­ver­kla­ring klink. Sy ver­le­de, ver­al die af­ge­lo­pe 40 jaar, is A­fri­kaans in 2016 nie goed­ge­sind nie.

Dalk moet die po­li­ti­ci van 1976 op Jeug­dag 2016 hul weg na K­hu­ma­lo­weg 8287, Or­lan­doWes, vind. Daar staan die laas­te mo­nu­ment vir A­fri­kaans, ’n paar hon­derd me­ter van waar die 12-ja­ri­ge Hec­tor Pie­ter­son eer­ste met sy le­we ge­boet het.

Daar kan hul­le be­sin oor die on­be­re­ken­ba­re ska­de wat wit A­fri­kaan­se na­si­o­na­lis­me sélf aan A­fri­kaans be­rok­ken het.

Dan kan hul­le hul­le haas na die Kaap­se Vlak­te om die A­fri­ka­ner se saak met hier­die land se bruin A­fri­kaan­ses te pro­beer reg­stel.

Eers ná ’n eer­li­ke in­tro­spek­sie is ’n sin­vol­le de­bat oor die toe­koms van al­mal se lief­de vir A­fri­kaans en ’n “we­der­ge­bo­re” en in­klu­sie­we A­fri­kaans­heid bin­ne Suid-A­fri­ka moont­lik.

)

Prof. Her­mann Gi­li­o­mee, his­to­ri­kus, skryf aan­staan­de Vry­dag oor die toe­koms van A­fri­kaans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.