Ver­skil­len­de ple­sie­re van ’n let­ter­vre­ter

Beeld - - Middelblad - Ger­hard van Huys­steen Woord­wis­se­ling Ger­hard van Huys­steen werk vir die Vir­tu­e­le In­s­ti­tuut van A­fri­kaans. ger­hard@vi­va­a­fri­kaans. org

Vra groot, swie­ri­ge let­ters: “Hoe lyk jou A­fri­kaans?” gis­ter­aand in Jo­han­nes­burg by die amp­te­li­ke be­kend­stel­ling van A­fri­kaans.com, ’n groot­skaal­se re­kla­me­veld­tog vir A­fri­kaans, ge­fi­nan­sier deur die Dag­breek Trust.

#My A­fri­kaans is Let­ter­vre­ter a­fri­kaans. Want in my diep­ste we­se is ek maar niks an­ders nie as ’n let­ter­vre­ter, ’n ga­wie, ja­pie, boe­ke­vre­ter, dof­fel of bleek­siel – ’n nerd. ’n Let­ter­vre­ter wat in taal­kun­de­boe­ke rond­neus op soek na die struk­tuur en be­te­ke­nis van woor­de. Wat Lan­gac­ke­ri­aan­se prent­jies van in­ge­wik­kel­de woord­kon­struk­sies op ser­vet­te sit en te­ken as hu­we­lik s ont­ha­le saai raak. Wat met bei­tel en kwas­sie, soos’ n waf­fer­se ar­ge­o­loog, die ag­glo­me­raat, se­di­ment ge­steen­te sen ver­kal­king s van woor­de weg­kap en af­stof om by die oer­oor­spron­ge uit te kom. Wat wil weet hoe­kom ons “reu­se­veld­tog” vas skryf, maar “groot veld­tog” los. Wat my poe­del­hond­kind “Hoe­kom” noem, om­dat dit so ’n diep­sin­ni­ge, u­niek A­fri­kaan­se woord is. Wat nie aan hip pop ot om ons tros es k wip­pe dal i o­fo­bie ly nie. Wat met woor­de wor­stel. Par­ty men­se noem dit I­voor­to­ring a­fri­kaans–ek gee hul­le dit toe – maar ek slaap rus­tig in die we­te dat e­ni­ge taal bleek siel a­ka­de­mi­ci no­dig het wat hul­le ver­diep in die taal- en let­ter­kun­de.

#My A­fri­kaan sis Re­ke­naar a­fri­kaans .’ n Taal wat in die 21ste eeu wil oor­leef, is ’n taal wat sy ge­brui­kers krag­da­dig op die in­ter­net, op slim­fo­ne en in die vir­tu­e­le werk­lik­heid moet laat saam­praat. Daar moet hoë kwa­li­teit in­lig­ting op Wi­ki­pe­dia in A­fri­kaans be­skik­baar wees. A­fri­kaan­se woor­de­boe­ke soos die HAT en WAT moet vir kind en kraai met te­le­foon of ta­blet toe­gank­lik wees. Nie­mand moet kan sê dat daar nie A­fri­kaan­se woor­de vir bit, by­te en boot­s­trap­ping is nie. Jy moet vir Si­ri of Google Voi­ce kan vra: “S­pie­ël­tjie, S­pie­ël­tjie aan die wand, wie is die mooi­ste A­fri­kaan­se san­ger in die land?” Jy moet vir Auts­hu­ma­to of Google Trans­la­te kan vra hoe om “baie dan­kie” in Tson­ga, Ta­mil of Turks te sê. A­fri­kaans moet ’n doel­tref­fend een doel­ma­ti­ge ge­bruik s in­stru­ment wees wat men­se be­mag­tig – nie ont­mag­tig nie.

#MyA­fri­kaans is Lag­a­fri­kaans. Al be­staan my bes­te vrien­de­kring hoof­saak­lik uit nie- A­fri­kaans­spre­ken­des, is hul­le al­mal in staat om vir flou ha­sie­grap­pies te lag. (Wat noem jy ’n ha­sie wat aan hout knaag? ’n Be­we­ra­sie!) Ek en my Taal­kom­mis­sie kol­le­gas en an­der vrien­de kan op die grond rond­rol om wil­de woor­de­boek be­te­ke­nis­se uit te dink vir woor­de soos“ma­la­ria ”, “ka­strol” en “kon­sul­tan­te” (en ’n paar min­der be­taam­li­kes). Ons lag bleek­sie­lig vir die ver­skil tus­sen “deur­gaans” en “deur­gans”, of “vol­struis­skop” en “vol­struis­kop”. En saam met stu­den­te maak ons woor­de soos “rooi­ui­e­oes”, “her­kou­en­de­koei­oë” en “pap­pa­pa­pe­gaai”. Plat­vloers of ge­so­fis­ti­keerd, ek lag in A­fri­kaans.

Gaan na a­fri­kaans.com. Lees oor moe­der­taal­on­der­rig. Kry’ n oor­sig oor A­fri­kaan­se fees­te, oor A­fri­kaan­se tyd­skrif­te, films en mu­siek­blogs. Of gaan kyk wat­ter A­fri­kaan­se mo­bie­le toe­pas­sings, pro­gram­ma­tuur of web­wer­we vir jou van nut kan wees. Blaai rond op die om­vat­ten­de kos­blad­sy met kook­ter­me, kos­blogs en lip lek lek­ker i­di­o­me. Maar die al­ler­be­lang­riks te: stuur jou vi­deo, fo­to of be­skry­wing vir die kom­pe­ti­sie in om te wys: Hoe lyk jóú A­fri­kaans? )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.