Goeie Nuus

Op Je­sus se voor­waar­des

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

E­ni­ge saak wat vir jou die moei­te werd is om voor te leef, vra om jou lo­ja­li­teit.

Dit vra jou hart, nie net jou kop nie. Daar­om vra Je­sus ons har­te al­tyd vir Hom­self op. Ons hart sim­bo­li­seer ons diep­ste mens­wees.

Met niks min­der as dit is Je­sus te­vre­de nie. An­ders is ons net gods­diens­ti­ge mee­lo­pers wat ie­wers langs die pad uit­a­sem gaan raak.

An­ders is ons net be­won­de­raars van Je­sus wat gaan moed op­gee as die pad te moei­lik raak. Eers wan­neer Je­sus ons vol­le­di­ge lo­ja­li­teit het, sal ons be­reid wees om die he­le pad saam met Hom te stap.

Dan leef ons end­uit ag­ter Hom aan, maak nie saak wat dit ons kos nie. Dan volg ons Hom nie net ná werk, of wan­neer daar ’n ga­ping in ons oor­vol dag­boek is nie.

Ter­loops, Je­sus sê in Lu­kas 14 ons moet voor die tyd die prys be­re­ken of ons be­reid is om Hom end­uit op sy voor­waar­des te volg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.