E­lek­tra Ni­na Stem­me oor­rom­pel in ti­tel­rol

Beeld - - Kuns - Paul Boek­kooi

In E­lek­tra, deur S­trauss in 1908 ge­kom­po­neer, is vroue aan die woord. En wat­ter vroue! Al­hoe­wel die kruk­s­rol ar­gu­ments­ont­hal­we vir O­res­tes weg­ge­lê is, ont­wik­kel die dra­ma hoof­saak­lik om K­ly­tem­ne­stra, E­lek­tra en Chrys­ot­he­mis.

Hugo von Hof­mannst­hal, die li­bret­to­skry­wer, het daar­aan ge­werk in ’n tyd toe psi­go­lo­gie die on­der­werp van we­ten­skap­li­ke stu­die be­gin word het. Dit het, hoe­wel aan­vank­lik nog taam­lik op­per­vlak­kig, tog sy neer­slag ge­vind in die ka­rak­ter­te­ke­ning van die hoof­ka­rak­ters.

In die o­pe­ra­ge­skie­de­nis mar­keer E­lek­tra ’n keer­punt. In S­trauss se mu­si­ka­le i­di­oom het hy die gren­se van to­na­li­teit be­reik. Die vol­gen­de stap sou a­to­na­li­teit wees, maar S­trauss wou dit nooit neem nie. Sy i­di­oom is al­ler­mins har­mo­ni­eus, maar eer­der vlym­skerp met by­kans ge­weld­da­di­ge di­na­mie­se kon­tras­te waar­deur hy aan­sluit by die wreed­heid van Sop­ho­kles se oor­spronk­li­ke dra­ma.

Re­sen­sen­te se skerp kom­men­taar ná E­lek­tra se pre­mi­è­re in 1909 het S­trauss ge­noop om te sê: “Wat ver­wag die men­se? Wan­neer ’n moe­der op die ver­hoog ver­moor word, kan ek mos nie die or­kes ’n vi­ool­kon­sert laat speel nie?”

In dié pro­duk­sie waar­mee die Me­tro­po­li­tan O­pe­ra sy sei­soen af­sluit, speel in­di­vi­du­e­le kwa­li­tei­te van die drie hoof­san­gers van­self­spre­kend ’n deur­slag­ge­wen­de rol: Dra­ma­ties en vo­kaal, met die ti­tel­rol­san­ger wat vir geen oom­blik ty­dens die duur van die o­pe­ra nié op die ver­hoog is nie.

Dié E­lek­tra was die Fran­se re­gis­seur Pa­tri­ce C­hé­reau se laas­te o­pe­ra­pro­duk­sie. Hy is in 2013 dood aan long­kan­ker. C­hé­reau het on­der meer die Wag­ner-hei­lig­dom in Bay­reuth ge­skud met sy kon­sep rond­om Wag­ner se Ring in die 1970’s, maar die­self­de prin­si­pes is nou, 40 jaar la­ter, wyd aan­vaar­baar.

C­hé­reau het aan ra­di­ka­le ka­rak­ter­ont­gin­ning ge­glo om­dat die S­trauss/Von Hof­mannst­hal-kom­bi­na­sie dit ver­eis. Ui­ter­li­ke as­pek­te tel min. Dit wat uit die ka­rak­ter se we­se voort­spruit, be­hoort al­les te sê. Dit is waar­om dié E­lek­tra jou op ’n hui­we­ring­wek­ken­de reis neem, jou mee­sleur.

Esa-Pek­ka Sa­lo­nen, die di­ri­gent voor die Met-or­kes, was ook in Aix-en-Pro­ven­ce toe C­héraux sy laas­te o­pe­nings­aand met dié pro­duk­sie be­leef het. Die re­gie vir dié jong­ste E­lek­tra is deur sy des­tyd­se as­sis­tent, Vincent Hu­guet, met wel­slae han­teer.

Sa­lo­nen ont­plooi sy vas­te greep op die par­ti­tuur, kom­bi­neer dra­ma en stu­krag tot ’n en­ke­le, soms by­kans oor­don­de­ren­de or­kes­tra­le krag­bron. Hy haal ’n top­vlak van vir­tu­o­si­teit uit die en­sem­ble, met on­ge­ken­de kli­mak­se. Die fas­si­ne­rend­ste van al­les is die or­kes se hel­der­heid en deur­sig­tig­heid by die uit­bars­tings.

Ni­na Stem­me het re­la­tief be­perk­te er­va­ring as E­lek­tra, maar sy oor­rom­pel reeds. Sy kan el­ke noot met vol­le­di­ge stem­be­heer­sing sing en tus­sen­deur aan el­ke fra­se of vul­ka­nie­se kom­pul­sie ’n eie be­te­ke­nis gee.

Wal­traud Mei­er se K­ly­tem­ne­stra ver­teen­woor­dig ’n diep ont­le­ding van die ma se on­se­ker­he­de. Dit kom in ’n in­tens ge­mo­du­leer­de stem­teg­niek en -di­na­miek na vo­re. A­dri­an­ne Pie­czon­ka se Chrys­ot­he­mis be­weeg po­si­tief weg van kon­ven­si­o­ne­le uit­beel­dings. ) Tot 9 Ju­nie. Tyds­duur: 132 mi­nu­te, geen pou­se.

Fo­to: MARTY SOHL/ME­TRO­PO­LI­TAN O­PE­RA

Ni­na Stem­me in die ti­tel­rol in Ri­chard S­trauss se E­lek­tra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.