Nu­we uit­ga­we van li­te­ra­tuur­ge­skie­de­nis

Beeld - - Kuns - Kuns­re­dak­sie

Kaap­stad. – ’n Nu­we uit­ga­we van die A­fri­kaan­se li­te­ra­tuur­ge­skie­de­nis, Per­spek­tief en pro­fiel, word in Ju­lie be­kend ge­stel.

Vol­gens Hen­nie van Col­ler, re­dak­teur van Per­spek­tief en pro­fiel, is die her­sie­ne uit­ga­we ’n nu­we boek met pro­fie­le wat by­ge­werk of heel­te­mal nuut is. “Boon­op be­vat dit nou ook vol­le­di­ge oor­sig­te van die A­fri­kaan­se uit­ge­wers­we­se, die A­fri­kaan­se li­te­rê­re tyd­skrif­te en ook kin­der- en jeug­li­te­ra­tuur in A­fri­kaans.

“Dit is die heel eer­ste keer dat al dié on­der­wer­pe so sis­te­ma­ties aan die or­de kom in e­ni­ge Suid-A­fri­kaan­se li­te­ra­tuur­ge­skie­de­nis.

“Met oor­sig­te van die Ne­der­land­se li­te­ra­tuur in Suid-A­fri­ka, vrou­e­skry­wers en nie­ge­ka­no­ni­seer de li­te­ra­tuur is hier­die li­te­ra­tuur­ge­skie­de­nis tans die mees in­klu­sie­we, re­sen­te en die mees om­vat­ten­de A­fri­kaan­se li­te­ra­tuur­ge­skie­de­nis en­de k dit in­der­waar­heid die he­le A­fri­kaan­se li­te­rê­re veld.”

Die skry­wer E­tien­ne van Heer­den, pro­fes­sor in die Skool vir Ta- leen Let­ter­kun­de aan I­keys, skryf op die flap­teks dit is ’n “on­ont­beer­li­ke hand­lei­ding” en “tans die be­lang­rik­ste be­skou­ing van ons skryf­werk in A­fri­kaans en die be­ge­lei­den­de li­te­rê­re ge­sprek”.

Per­spek­tief en pro­fiel toon aan dat die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de diep ge­ënt is in die kon­ti­nent A­fri­ka, skryf Van Heer­den. “Dit boek­staaf die gees­tes­pres­ta­sie van men­se aan die suid­punt van ’n uit­da­gen­de kon­ti­nent. Dit is men­se wat re­ken­skap gee van hul ont­heem­ding en twy­fel, maar ook van in­bur­ge­ring en lief­de vir die land, van ver­want­skap met land­ge­no­te wat an­der ge­skie­de­nis­se en huis­ta­le het.” ) Per­spek­tief en pro­fiel word op 11 Ju­lie om 14:30 in die ATKV-eeu­fees­saal as deel van die Vry­staat­se kuns­te­fees se boe­ke­pro­gram be­kend ge­stel. Ant­hea van Jaars­veld sal by die ge­leent­heid ’n ge­sprek met Van Col­ler oor die li­te­ra­tuur­ge­skie­de­nis lei.

Be­soek die fees se web­werf by www. vry­staat kuns­te­fees. co.za. Die uit­ge­wer van die boek is Van S­chaik.

Hen­nie van Col­ler, re­dak­teur van Per­spek­tief en pro­fiel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.