Twee wys skil­de­rye en beel­de

Beeld - - Kuns -

’n Uit­stal­ling van skil­de­rye en beeld­hou­wer­ke deur Jaco Be­nadé en Ma­rie­ke Prins­loo-Ro­we be­gin van­dag in die ga­le­ry van die P­re­to­ri­a­se Kuns­ver­e­ni­ging.

Dit word van­aand om 18:30 vir 19:00 deur Sa­mu­el I­saacs, voor­sit­ter van die ver­e­ni­ging, ge­o­pen en duur tot 14 Ju­nie.

Be­nadé is ’n skil­der wat sy kuns­loop­baan in 1996 be­gin het en se­dert­dien ver­skeie suk­ses­vol­le so­lo-uit­stal­lings aan­ge­bied het. Sy sen­si­tie­we por­tret- en land­skap­stu­dies is be­son­der ge­liefd, nie net om hul tref­fen­de skoon­heid nie, maar ook vir die uit­staan­de ar­tis­tie­ke kwa­li­teit.

Hy skil­der nos­tal­gie­se to­ne­le, he­rin­ne­rin­ge van men­se wat hy ge­ken het, e­mo­sies wat hy er­vaar het en be­sit­tings wat hy ge­had het.

Met stra­len­de ge­sig­stu­dies en ryk ta­pis­se­rieë van blom­me en ge­bro­ke voor­wer­pe ver­beeld hy die wis­sel­val­lig­heid maar ook die ryk­dom van mens­li­ke er­va­rings, lui­dens ’n nuus­ver­kla­ring.

Prins­loo-Ro­we is ’n jong beeld­hou­er wat reeds kan spog met ’n in­druk­wek­ken­de re­kord van uit­stal­lings, pry­se en op­drag­wer­ke.

Met haar wer­ke word die mens­li­ke lig­gaam as dan­send uit­ge­beeld, die jong mei­sie wat droom om te dans, die stil fi­guur wat die ma­gie­se van lees ont­dek, die jong vrou wat soos ’n en­gel haar vler­ke sprei en die moe­der wat word, wat die le­we­tjie in haar met teer­heid be­tas.

Die kuns­te­naar be­skryf haar beel­de as die dra­ers van sto­ries en dro­me, en wer­ke wat die ver­le­de eer­bie­dig en hoop vir die toe­koms gee.

Die ga­le­ry is in Mackie­straat 173, Nieuw Muckle­neuk, P­re­to­ria. Die ga­le­ry-ure is Dins­dae tot Vry­dae van 09:00 tot 17:30, Sa­ter­dae van 09:00 tot 13:00 en Son­dag 5 Ju­nie van 10:00 tot 14:00.

S­ka­kel 012 346 3100 of stuur e-pos na art­sp­ta@mweb.co.za of be­soek www.art­sas­so ci­a­ti­onp­ta.co.za vir nog in­lig­ting.

Young Man in a Dress deur Jaco Be­nadé.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.