Re­ën­boog­kon­sert om arm mu­si­kan­te te help

Beeld - - Kuns -

’n Nu­we on­der­ne­ming wat mu­siek­in­stru­men­te wil ver­skaf aan men­se uit voor­heen be­na­deel­de ge­meen­skap­pe, word mô­re­mid­dag in P­re­to­ria ge­stig met die eer­ste Re­ën­boog­kon­sert deur mu­si­ci van A­fri­ka en di­plo­ma­te wat mu­siek­in­stru­men­te be­speel.

Die kon­sert is 15:00 in die E­noch Son­ton­ga-saal van U­ni­sa se Sun­ny­si­de-kam­pus.

’n Lang lys van deel­ne­mers het krag­te saam­ge­snoer vir die gra­tis kon­sert. Geld om te help met die aan­skaf van in­stru­men­te kan ge­skenk word.

Die di­plo­ma­tie­ke korps in P­re­to­ria is vuur en vlam vir dié on­der­ne­ming. Die kon­sert self word ge­borg deur ver­skeie or­ga­ni­sa­sies. Van hul­le het ook al mu­siek­in­stru­men­te aan­ge­koop. Nog heel­wat geld is eg­ter no­dig.

Daar is ’n groep trom­spe­lers uit G­ha­na, In­die­se dan­sers van Jo­han­nes­burg en twee di­plo­ma­te, die kla­ri­net­spe­ler Mat­this Ra­dosz­ti­cs en die pi­a­nis John Ma­cgre­gor van on­der­skei­de­lik Oos­ten­ryk en B­rit­tan­je, wat gaan op­tree.

Dan is daar ver­skeie an­der soos die Con­wo­nit­te-koor van Won­der­boom, ’n ma­rim­ba-or­kes van Boks­burg, ’n jazzen­sem­ble van Ham­mans­kraal en die stry­ken­sem­ble van die U­ni­sa Mu­siekstig­ting.

Om sit­plek­ke te ver­se­ker moet kon­sert­gan­gers aan­lyn be­spreek by die web­werf con­cert.rain­bow@gmail.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.