C­hi­na die be­loof­de land vir SA wy­ne

Bek­ker se kel­der ‘wil Bei­jing ver­o­wer’

Beeld - - Sakenuus -

Fransch­hoek. – Koos Bek­ker, Nas­pers­mag­naat, ver­koop wyn wat op sy wyn­plaas Ba­by­lon­sto­ren bui­te die Paarl ge­bot­tel word, oor die wê­reld heen, maar dit is van die e­ti­ket­te op die bot­tels wat ver­klap waar­na hy mik . . .

Dit is in Man­da­ryns, en an­der wyn­ma­kers langs die S­tel­len­bos­se wyn­roe­te het die­self­de i­dee. Hul­le wil die sty­gen­de vraag na Suid-A­fri­kaan­se wy­ne in C­hi­na – ge­drink deur ’n groei­en­de jong pro­fes­si­o­ne­le klas – tap.

“Ba­by­lon­sto­ren se stra­te­gie in C­hi­na is om baie op­sig­te­lik in Bei­jing te wees, nie net die stad nie, maar ook in die pro­vin­sie,” ver­dui­de­lik Bek­ker se kel­der­mees­ter, C­harl Coet­zee.

“Ons wil net Bei­jing ver­o­wer, dan sal ons te­vre­de wees,” sê hy ter­wyl ’n jong A­si­a­tie­se paar­tjie teug aan sy wyn in ’n proe­ka­mer wat op rye jong wyn­stok­ke uit­kyk.

Die uit­voer van Suid-A­fri­kaan­se wy­ne na C­hi­na het met by­na 30% toe­ge­neem in 2015 – vol­gens sta­tis­tie­ke van die Suid-A­fri­kaan­se Wyn­be­dry­fin­lig­ting en-stel­sels( S a wis ).

Alan Win­de, Wes-Kaap­se mi­nis­ter van e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de, sê die mik­punt is om dit teen 2025 te ver­dub­bel.

Bek­ker het in sy ter­myn as uit­voe­ren­de hoof ge­help om Nas­pers te ont­wik­kel in een van die wê­reld se voor­ste e-han­del- en me­di­a­maat­skap­pye en het ban­de met C­hi­na ge­bou via Nas­pers se be­lang in die Ten­cent-in­ter­net­por­taal.

Nou neem hy deel aan die wed­loop om wyn te ver­skaf aan die land met die mees­te in­wo­ners ter wê­reld, met wyn­pro­du­sen­te van Frank­ryk – wat so­wat 50% van die uit­voer­mark na C­hi­na “ko­lo­ni­seer” – Aus­tra­lië, C­hi­li en Nieu-See­land as me­de­din­gers.

C­hi­na se klein­han­del wyn mark het in 2015 so­wat $15 mil­jard be­slaan, ver- ge­le­ke met $10,3 mil­jard in 2010. Hier­van is net meer as die helf­te vol­gens die da­ta-ont­le­der IWSR in­ge­voer.

Die voor­spel­de ver­bruik in 2020 is 13,5 mil­joen hek­to­li­ter in 2020 teen­oor die 1,3 mil­joen hek­to­li­ter in 2010.

Rooi, of sterk wit­tes

Op Ba­by­lon­sto­ren met sy 13 ver­skil­len­de druif­va­ri­ë­tei­te en ’n wyn­maak­tra­di­sie wat hon­der­de ja­re te­rug­gaan, kos ’n bot­tel che­nin blanc so­wat R80 en ’n wit von­kel­wyn in die sjam­pan­je-styl R500.

C­hi­ne­se wyn­drin­kers ver­kies vol­gens Coet­zee rooi­wyn, hoe­wel ster­ker wit­wy­ne, waar­on­der ’n char­don­nay wat vir ’n jaar in va­te van Fran­se eik op Ba­by­lon­sto­ren ver­ou­der word, ook hul pa­let ge­val.

In Maart het dié wyn­plaas ’n vrag­hou­er met so­wat 13 000 bot­tels na C­hi­na uit­ge­voer.

“Ons wil een­dag ’n vrag­hou­er per maand ver­skeep,” sê Coet­zee.

Die La Mot­te-wyn­plaas het ver­le­de jaar so­wat 3 mil­joen bot­tels wyn na C­hi­na uit­ge­voer, dub­bel die hoe­veel­heid van drie jaar ge­le­de.

“Daar was die af­ge­lo­pe 12 maan­de groot groei in (uit­voer van) Suid-A­fri­kaan­se wy­ne na C­hi­na, sê Hein Koe­ge­len­berg, uit­voe­ren­de hoof.

“Suid-A­fri­ka het nog nie die po­ten­si­aal van daar­die mark vol­le­dig ont­gin nie.”

La Mot­te, wat in ven­noot­skap met C­hi­na se naas­groot­ste aan­lyn ver­koop­net­werk, Per­fect C­hi­na, sy wy­ne met die han­dels­naam L’Hu­gue­not van die hand sit, se pi­no­ta­ge is een van die top­ver­ko­pers.

C­hi­na het ge­groei tot die ses­de groot­ste uit­voer­mark vir die SuidA­fri­kaan­se wyn­be­dryf met ’n om­vang van so­wat R26,5 mil­jard per jaar en wat aan 300 000 men­se werk ver­skaf.

“Die voor­deel is dat C­hi­na wyn in bot­tels aan­vaar en nie in groot­maat aan­koop nie, so dit skep meer werk­ge­leent­he­de,” sê Win­de.

Die vraag na wyn word aan­ge­dryf deur die op­koms van jong pro­fes­si­o­ne­le C­hi­ne­se wat ver­kies om wyn aan­lyn eer­der as in win­kels te koop.

Die rand se waar­de­ver­min­de­ring teen­oor die dol­lar het ook ge­help.

Maar daar is sterk me­de­din­ging in­dien die Suid-A­fri­kaan­se be­dryf die vol­le voor­deel uit dié nu­we ver­brui­kers wil trek.

“Ons be­sef die uit­da­ging is om te ver­se­ker dat die han­del en ver­brui­kers Suid-A­fri­kaan­se wy­ne be­proef en, nog be­lang­ri­ker, dat hul­le dit aan­hou koop,” re­ken Mi­cha­e­la S­tan­der, be­mar­kings­be­stuur­der van Wi­nes of South A­fri­ca in A­sië.

“As C­hi­ne­se ver­brui­kers nie deeg­lik in­ge­lig en ge­reed is om ons wy­ne te aan­vaar nie, kan die uit­voer s­tel­lig weer af­neem.”

Ba­by­lon­sto­ren se be­kroon­de shi­raz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.