Doen jou bank­sa­ke nou op T­wit­ter

Beeld - - Sakenuus - – Niel Jou­bert

Is jy mal oor so­si­a­le me­dia? Nou kan jy ook jou bank­sa­ke daar­op doen.

Ab­sa het gis­ter “C­ha­tBan­king” be­kend ge­stel, ’n diens wat jou toe­laat om jou daag­lik­se bank­sa­ke van jou T­wit­ter-re­ke­ning af te doen.

Die diens sal la­ter op an­der so­si­a­le me­dia plat­forms be­kend­ge­stel word, sê Ab­sa.

Met C­ha­tBan­king sal Ab­sa-kli­ën­te hul sal­do’s op hul tran­sak­si­o­ne­le re­ke­ning kan kry, lug­tyd of da­ta vir hul sel­fo­ne kan koop of ’n mi­ni­staat kan kry wat die mees on­lang­se tran­sak­sies op jou re­ke­ning wys.

Kli­ën­te wat die diens wil ge­bruik, moet hul­le daar­voor re­gis­treer.

“Ve­ran­de­rin­ge in kli­ën­te se ge­drag ver­eis dat bank­diens­te e­ni­ge tyd en plek be­skik­baar en ook toe­gank­lik deur veel­vul­di­ge ka­na­le moet wees,” sê Ash­ley Ve­a­sey, di­gi­ta­le hoof van Bar­clays A­fri­ca.

Vol­gens Ve­a­sey word ge­brui­kers se per­soon­li­ke in­lig­ting be­skerm en sal ’n re­ke­ning­nom­mer of per­soon­li­ke be­son­der­he­de nooit op T­wit­ter ver­toon word nie. “As jou sel­foon ge­steel word of iemand toe­gang tot jou T­wit­ter-re­ke­ning kry, sal hul­le nie jou in­lig­ting kan mis­bruik nie. Dit is soort­ge­lyk aan jou kits­bank­stro­kie – nie­mand kan dit ge­bruik as hul­le dit op­tel nie,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.