Fa­brieks­pry­se styg met 7%

Graan en an­der ge­was­se kos 42,2% meer as ’n jaar ge­le­de

Beeld - - Sakenuus - Han­lie S­tad­ler

Kaap­stad. – Die koers waar­teen fa­brie­ke hul pry­se op­stoot, was in A­pril vir die vier­de op­een­vol­gen­de maand ho­ër as die in­fla­sie­koers wat ver­brui­kers er­vaar.

Vol­gens Sta­tis­tie­ke SuidA­fri­ka (SSA) was die prys van fi­naal ver­vaar­dig­de pro­duk­te in A­pril 7% duur­der as ’n jaar ge­le­de. Dit is ef­fens la­er as die 7,1%-jaar­sty­ging in Maart.

Tus­sen Maart en A­pril het dié pry­se met 0,8% ge­styg.

Dis moei­lik om ’n reg­streek­se ver­band te trek tus­sen ver­brui­kers­prys­in­fla­sie (VPI) en pro­du­sen­te­prys­in­fla­sie (PPI) om­dat heel­te­mal ver­skil­len­de pro­duk­te ge­meet word, maar daar word soms aan­vaar dat ho­ër PPI uit­ein­de­lik tot ho­ër VPI sal lei. PPI meet slegs plaas­lik ver­vaar­dig­de pro­duk­te se pry­se, nie in­ge­voer­de pro­duk­te nie, maar ver­vaar­di­gers word steeds deur die waar­de van die rand be­ïn­vloed om­dat se­ke­re grond­stow­we en ma­sji­ne­rie in­ge­voer word.

As die PPI ho­ër is as VPI, be­staan die ver­moe­de dat groot­han­de­laars se­ke­re prys­sty­gings nog nie aan ver­brui­kers deur­ge­gee het nie. VPI, of­te­wel die prys­sty­ging van ’n mand­jie goe­de­re en diens­te wat SSA meet, het in A­pril op ’n jaar­grond­slag met 6,2% ge­styg (6,3% in Maart).

Kos-, drank- en ta­bak­pro­duk­te het die groot­ste by­drae tot die oor­hoof­se PPI ge­le­wer. Dit het op ’n jaar­grond­slag met 7% ge­styg.

Nog ’n aan­dui­ding dat in­fla­sie dalk in die na­bye toe­koms weer sal styg, is die skerp sty­ging in die PPI vir in­ter­me­di­êr ver­vaar­dig­de goe­de­re. Dit was in A­pril 7,1% op ’n jaar­grond­slag, ver­ge­le­ke met 6,3% in Maart. Tus­sen Maart en A­pril het dit met 1% ge­styg.

Die PPI vir krag en wa­ter is ho­ër op 12,3% (11,6% in Maart) en vir myn­bou op 10,3% (8,2%). Die PPI vir land­bou, bos­bou en vis­se­rye is 16,9%, ef­fens la­er as die 20,9% in Maart, maar as net na land­bou ge­kyk word, lyk die prent­jie steeds don­ker. Die prys van graan en an­der ge­was­se is 42,2% ho­ër as ’n jaar ge­le­de.

Die prys­sty­gings van vleis op groot­han­del­vlak is nog be­trek­lik laag, met ’n jaar­tot-jaar-sty­ging van net 3,2% in die prys van le­wen­de ha­we.

Dit be­aam die me­ning van ver­skeie ont­le­ders dat vleis­pry­se eers teen Au­gus­tus of Sep­tem­ber skerp sal be­gin styg.

Ned­bank se e­ko­no­mie­se een­heid sê on­danks die ef­fen­se ver­lang­sa­ming in A­pril, sal pro­du­sen­te­pry­se waar­skyn­lik in die ko­men­de paar maan­de skerp styg, met die mees­te druk van kos­pry­se weens die im­pak van die droog­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.