BA vlieg in so­mer meer na Jo­han­nes­burg

Beeld - - Sakenuus - – Fran­cois Wil­li­ams

Kaap­stad. – B­ri­tish Air­ways het sy vlug­te na Kaap­stad met twee vlug­te per week uit­ge­brei vir sy so­mer­ske­du­le, as­ook meer vlug­te toe­ge­voeg op sy Ai­r­bus A380 tus­sen Lon­den en Jo­han­nes­burg.

Die lug­diens brei ge­woon­lik sy daag­lik­se Kaap­stad­He­athro­w­vlug­te in die so­mer­sei­soen uit na twee vlug­te per dag, maar het in Maart aan­ge­kon­dig hy gaan nog drie vlug­te per week van die Gat­wick­lug­ha­we na Kaap­stad aan­bied van 24 No­vem­ber af.

Die jong­ste toe­voe­ging is twee ek­stra Kaap­stad­He­athrow­vlug­te per week in die eer­ste week van Ja­nu­a­rie 2017 as­ook deur die he­le Fe­bru­a­rie. In dié tyd sal daar 16 week­lik­se vlug­te tus­sen Kaap­stad en Lon­den wees met ’n Boeing 747 en drie vlug­te met ’n Boeing 777 tus­sen Kaap­stad en Gat­wick. Van ein­de Ok­to­ber sal B­ri­tish Air­ways tien keer per week met die reu­se­A380 tus­sen Lon­den en Jo­han­nes­burg vlieg. Die A380 sal van die be­staan­de Boeing 747vlug­te ver­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.