Foschi­ni­groep se wins styg sterk

Beeld - - Sakenuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Kaap­stad. – Die B­rit­se kle­re­win­kel­groep P­ha­se Eig­ht, wat The Foschi­ni Group (TFG) meer as ’n jaar ge­le­de ge­koop het, het TFG se ver­ko­pe in die boek­jaar tot ein­de Maart met 31% tot R21,1 mil­jard help lig.

P­ha­se Eig­ht uit­ge­sluit het TFG se ver­ko­pe in Suid-A­fri­ka en in die res van A­fri­ka met 11,6% ge­styg.

P­ha­se Eig­ht ver­koop duur­der kle­re en het ’n ho­ër wins­mar­ge.

TFG se wins in die boek­jaar uit voort­ge­set­te be­dry­wig­he­de het met 40% tot R2,1 mil­jard ge­styg.

Doug Mur­ray, uit­voe­ren­de hoof van TFG, sê ’n goeie op­brengs is vir aan­deel­hou­ers ge­le­wer ten spy­te van die moei­li­ke e­ko­no­mie­se kli­maat. Dit is dank­sy die groep se voort­ge­set­te fo­kus op kos­te­be­heer en uit­brei­ding in SuidA­fri­ka en A­fri­ka, wat aan­ge­vul is met die in­ter­na­si­o­na­le ver­kry­gings en groei.

TFG is lank­al nie meer hoof­saak­lik ’n vrou­e­kle­re­groep nie en be­sit be­ne­wens Foschi­ni, Ex­act en Don­naClai­re ook Mark­ham, Fa­bi­a­ni, @ho­me, A­me­ri­can S­wiss, S­terns, To­tal­sports, S­port­sce­ne, Du­e­south en die sel­foon­win­kels Hi.

Mur­ray glo dit is dié di­ver­si­fi­ka­sie wat TFG so su­kes­vol maak.

“Ons het ja­re ge­le­de be­sluit om na an­der ka­te­go­rieë uit te brei so­dat ons nie vas­ge­vang is in een ka­te­go­rie wat wê­reld­wyd moei­lik is nie, naam­lik die mas­sa- mid­del­kle­re­mark vir vroue, wat baie prys­ge­dre­we is.”

Dit het die groep ook voor­be­rei op die koms van reu­sein­ter­na­si­o­na­le win­kel­groe­pe soos H&M na Suid-A­fri­ka.

Hy sê hul­le het meer as 2 400 win­kels in Suid-A­fri­ka ter­wyl H&M nog net drie win­kels het. “Hul koms raak net een van ons han­dels­na­me, naam­lik Foschi­ni, en ons is ge­luk­kig met ver­ko­pe daar.”

Uit­ge­sluit P­ha­se Eig­ht het ver­ko­pe in Suid-A­fri­ka en in A­fri­ka in ver­ge­lyk­ba­re win­kels, dus die­self­de win­kels as wat in die vo­ri­ge boek­jaar oop was, met 5,7% ge­styg.

Sy in­ter­ne prys­in­fla­sie was 8%, wat dus eint­lik be­te­ken dat die vo­lu­me ver­ko­pe in ver­ge­lyk­ba­re win­kels ge­daal het.

Mur­ray sê die da­ling in vo­lu­mes hou ver­band met spe­si­fie­ke han­dels­na­me se in­ter­ne in­fla­sie.

“Ons het 22 han­dels­na­me in die groep, en by som­mi­ge het ho­ër in­fla­sie­koer­se tot ’n da­ling in vo­lu­mes ge­lei, maar by an­der is vo­lu­mes weer we­sen­lik ho­ër.”

Hy ver­wag dat prys­in­fla­sie ef­fens gaan ver­snel en vir die res van die jaar ge­mid­deld 8% of 9% sal wees weens die ver­swak­king van die rand.

Af­han­gend van hoe­veel in­ge­voer word, sal se­ke­re han­dels­na­me ho­ër prys­sty­gings er­vaar, maar an­der gaan weer la­er prys­styings hê.

Vol­gens hom het TFG ja­re ge­le­de al ’n stra­te­gie­se be­sluit ge­neem om se­ke­re ver­vaar­di­ging in Suid-A­fri­ka te laat doen.

Vir som­mi­ge kle­re­han­dels­na­me word tot 50% van die kle­re plaas­lik ver­vaar­dig.

TFG het net voor sy jaar­ein­de nog ’n B­rit­se kle­re­groep, W­his­t­les, vir R191 mil­joen ge­koop. Mur­ray sê hoe­wel daar op ’n week­lik­se grond­slag ver­kry­gings­ge­leent­he­de aan hul­le ge­bied word en hul­le al­tyd op die uit­kyk vir ver­kry­gings is, is dit nou hul pri­o­ri­teit om W­his­t­les en P­ha­se Eig­ht eers in te wor­tel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.